On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

Hoër rentekoers, stadiger eiendomsmark

───   08:22 Fri, 31 Mar 2023

Hoër rentekoers, stadiger eiendomsmark | News Article

Die jongste rentekoersverhoging van 50 basispunte kan 'n dempende impak op die kommersiële eiendomsmark, sê John Loos, ‘n eiendomstrateeg van FNB.

“Ons glo die volle impak van al die rentekoersverhogings in 2023 in die mark sal invloei, wat die vraag na kommersiële eiendom wat deur verbandlenings gefinansier word, verlangsaam.

“Hierdie rentekoersverhoging kom op 'n besonder ongerieflike tyd, met 'n verlangsamende wêreldekonomie wat ook sy tol op die Suid-Afrikaanse ekonomie eis, tesame met onlangse hoë vlakke van beurtkrag,” sê hy.

“Aan die residensiële ontwikkelingskant van die mark is die bou van nuwe eiendomme reeds besig om skerp af te neem, en hierdie jongste koersverhoging versterk bloot daardie dalende neiging.

“Vroeëre rentekoersverhogings het effense ondersteuning aan die verhuringsmark verleen omdat aspirantkopers hul huiskoop uitgestel het en langer in die huurmark gebly het.

“Maar gegewe die toenemende omvang van rentekoersverhogings sedert laat 2021, glo ons dat die vroeëre herstel in die huurmark nou op ‘n einde is, met huurders wat toenemende finansiële druk begin ervaar in 'n aansienlik swakker ekonomiese omgewing.”

Loos reken die situasie is waarskynlik dieselfde vir die hoteleiendomsmark, waar aspirant-vakansiegangers meer konserwatief aan vakansiereise kan bestee, terwyl hotelinkomste steeds sukkel om van Covid-19 se inperkingmaatreëls te herstel.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.