On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

South Africa

Boer deur gewapende verdagtes, swerm bye aangeval

───   07:08 Fri, 28 Oct 2022

Boer deur gewapende verdagtes, swerm bye aangeval | News Article
Die boer wat ná skote deur bye aangeval is, ontvang mediese hulp. FOTO: Rusa

’n 52-jarige boer en sy werknemer, van Canelands in KwaZulu-Natal, is Donderdag, 27 Oktober 2022, deur ’n swerm bye aangeval nadat verdagtes na hulle op sy kleinhoewe geskiet het.

Arrive Alive berig dat lede van die veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa (Rusa), omstreeks 09:27 na die toneel gestuur is nadat hulle berigte van ’n skietery ontvang het.

Terwyl hulle op pad was, het beamptes verneem dat die boer en sy werknemer ook deur ’n swerm bye aangeval is.

Met hul aankoms het die boer vertel dat hulle te voet met patrollie was toe hulle twee skote uit ’n hoëkaliber-geweer hoor klap het.

Hy het sy eie vuurwapen uitgehaal en hulle het in die rigting vanwaar die skote afgevuur is, gegaan.

Toe hulle onderweg verby ’n byekas geloop het, is hulle deur die swerm aangeval.

Hy het bygevoeg dat hy ’n motorfiets uit die omgewing hoor wegjaag het terwyl hy en sy werknemer probeer het om die bye ontslae te raak. Die man het verskeie steke opgedoen en mediese hulp op die toneel ontvang.

Rusa het met ’n helikopter ’n uitgebreide soektog in die omliggende suikerrietveld na die skieters begin, maar niemand is in hegtenis geneem nie. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.