On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

International

Ramaphosa in Mosambiek vir Chapo-inhuldiging

───   15:41 Wed, 15 Jan 2025

Ramaphosa in Mosambiek vir Chapo-inhuldiging | News Article
Tydens die inhuldiging van die verkose Mosambiekse president Daniel Chapo. Foto: X

Mosambiekse betogers was ’n klipgooi vanwaar buitelandse hooggeplaastes getuies was van die inhuldiging van die Mosambiekse president in Maputo.

President Cyril Ramaphosa het Woensdag (15/1) in Mosambiek aangekom om die inhuldiging van die verkose president Daniel Chapo by te woon. 

Chapo is Woensdag in sy amp beëdig ná weke van dodelike politieke onrus. Die hoofopposisieleier het belowe om die land te verlam met nuwe betogings teen die betwiste verkiesingsuitslag. 

Terselfdertyd het die Mosambiekse polisie geweerskote oor die koppe van betogers afgevuur. Driehonderd betogers is dood sedert die omstrede verkiesingsuitslae bekend gemaak is. 

Venancio Mondlane het reeds in die dae voor die inhuldiging ’n nasionale staking aangehits en Dinsdag gedreig om die nuwe regering met daaglikse betogings in te kort.

Mondlane (50), wat gewild is onder die jeug, hou vol dat die peilings van 9 Oktober 2024 ten gunste van Chapo se Frelimo-party, wat dié gasryke Afrika-land sedert onafhanklikwording van Portugal in 1975 regeer, gemanipuleer is.

Chapo (48) het Maandag vir stabiliteit gevra en aan joernaliste by die nasionale vergadering gesê: “Ons kan aanhou werk en saam, verenig … om ons land te ontwikkel.”

Internasionale waarnemers het gesê die verkiesing is deur ongerymdhede ontsier, terwyl die EU-sending die “ongeregverdigde wysiging van verkiesingsuitslae” veroordeel het.

Vincent Magwenya van die presidensie glo egter dat Chapo se inhuldiging ’n geleentheid bied vir Mosambiekers “om saam te werk aan vrede, demokrasie en ontwikkeling”.

“President Ramaphosa sien uit daarna om nou saam met die verkose president Chapo te werk om die bestaande sterk broederlike betrekkinge tussen die twee lande verder te versterk en sien uit daarna om Mosambiekers te sien saamkom in die gees van eenheid en samewerking terwyl hulle ’n beter toekoms bou,” sê Magwenya.

“Die inhuldiging van die verkose president Chapo bied ’n geleentheid vir al die mense van Mosambiek om saam te werk aan vrede, demokrasie en ontwikkeling,” sê die Suid-Afrikaanse presidensie.

President Ramaphosa sien glo uit daarna om nou saam met Chapo te werk om die bestaande betrekkinge tussen die twee nasies te versterk, asook om Mosambiekers te sien saamstaan om ’n beter toekoms te bou.

Ronald Lamola, minister van internasionale betrekkinge en samewerking en Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie, is saam met Ramaphosa in Mosambiek.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.