On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Agri Noordwes se planne met 2025 se uitdagings

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Tue, 14 Jan 2025

Agri Noordwes se planne met 2025 se uitdagings | News Article
Die nuwe uitvoerende hoofbestuurder van Agri NW, Naudé Pienaar. Foto: Facebook/Agri Noordwes

Naudé Pienaar, die nuwe uitvoerende hoofbestuurder van Agri NW, het die organisasie se strategiese fokus en verwagtinge vir 2025 uitgestippel.

Hy het die voorreg van sy nuwe posisie beklemtoon, terwyl hy sy voorganger, Boeta du Toit, en die organisasie se personeel geloof het vir hul bydraes. 

Pienaar het bevestig dat verbeterde dienslewering aan lede as ’n kernfokus bly. 

“Ons wil beter dienste lewer, verhoudinge met vennote versterk, en verseker dat ons lede optimaal ondersteun word.”

Hy het ook lig gewerp op verwagte uitdagings, insluitend politieke onstabiliteit, swak munisipale dienslewering, en stygende misdaadvlakke. 

“Die droogte wat tans in die streek ervaar word, het reeds ’n beduidende impak op aanplantings en weidings, en kan een van die grootste uitdagings in 2025 wees.”

‘Elke burger se ondersteuning is nodig om voedselveiligheid te verseker’

Pienaar het die belangrikheid van samewerking benadruk en ’n oproep gerig aan die publiek om betrokke te raak by Agri Noordwes. “As dit sleg gaan met landbou, raak dit almal. 

Ons het elke burger se ondersteuning nodig om voedselveiligheid te verseker en oplossings te vind vir die uitdagings op die platteland.”

Hy het afgesluit met ’n boodskap van geloof en inspirasie: “Mag ons hoop gevestig bly in ons Skepper, wat altyd vir ons uitkoms gebring het. Ons gaan 2025 met vertroue aanpak, wetende dat Hy in beheer is.”

OFM Agri/Robyn Schutte mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.