On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Rooivleisbedryf begin 2025 met optimisme en nuwe planne

───   ELZETTE BOUCHER 05:00 Wed, 08 Jan 2025

Rooivleisbedryf begin 2025 met optimisme en nuwe planne | News Article
Foto: Getty Images

Dr. Frikkie Maré, hoof uitvoerende beampte van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), betree sy tweede jaar aan die stuur van die organisasie en deel vooruitsigte vir die komende jaar.

Ekonomiese vooruitsigte

Volgens Maré toon beide die plaaslike en internasionale markte tekens van verbetering. Die dalende rentekoers-siklus wat reeds in die laaste kwartaal van 2024 begin het, bring verligting aan verbruikers deur hul beskikbare inkomste te verhoog. Dit kan lei tot ’n toename in die vraag na rooivleis.

Internasionaal vind dieselfde tendens plaas, waar laer rentekoerse en verminderde inflasie ’n positiewe impak op rooivleispryse kan hê. Maré waarsku egter dat groot prysstygings onwaarskynlik is, maar dat inflasie-gedrewe verhogings welkom sal wees.

Fokusareas vir 2025

Die RPO het groot planne vir die jaar, met spesifieke aandag aan die vernuwing van die organisasie. Die RPO, wat al vir 40 jaar bestaan, erken die noodsaaklikheid om by die tye aan te pas.

“Ons wil hierdie jaar nader aan produsente beweeg, hul behoeftes verstaan en sinvolle oplossings bied,” het Maré gesê. Die organisasie beoog om tydens hul jaarlikse kongres in Augustus nuwe rigtings en strategieë bekend te stel.

Die breër rooivleisbedryf werk ook hard aan sleutelprojekte soos biosekuriteit-maatreëls en ’n naspeurbaarheidstelsel wat teen die einde van die jaar geïmplementeer behoort te wees. Hierdie projekte word befonds deur statutêre heffings via die Red Meat Industry Services (RMIS).

Boodskap aan produsente

Maré het ’n beroep op produsente gedoen om nou saam met die RPO te werk. “Ons is ’n organisasie vir produsente, deur produsente. Ons kan net die bedryf vorentoe neem as produsente aktief betrokke is en saam met ons werk.”

Hy het produsente uitgenooi om hul insette en ondersteuning te gee sodat die RPO se planne suksesvol geïmplementeer kan word.

OFM Agri cg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.