On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Pannar-suksesverhaal: Saadprogram bemagtig raadgewers

───   07:35 Mon, 23 Sep 2024

Sponsored07:35 Mon, 23 Sep 2024
Pannar-suksesverhaal: Saadprogram bemagtig raadgewers | News Article

Deur Panagri se uitgebreide navorsingsbedrywighede doen Pannar die meeste van die werk namens jou.

Suid-Afrika se hardwerkende boere het baie op hul daaglikse doenlysies. Gelukkig is Pannar Saad se Panagri-program byderhand om die meeste van hierdie werk namens die boer te doen.

Die keuse van die regte mielie-, sojaboon- en sonneblomteelmateriaal vir maksimum opbrengs behoort nie ’n intimiderende taak vir boere te wees nie.

OFM At Lunch se Pulane Nel-Sekepe gesels met Corné van der Westhuizen, Pannar-verteenwoordiger oor die Panagri-program.

Pannar Saad teel al vir 65 jaar toppresterende mielie-, sojaboon en sonneblomteelmateriaal vir plaaslike toestande. Pannar se kundiges verstaan die eise van boerdery goed.

Pannar het sy Panagri navorsings-en-klantadviesprogram bekend gestel om die werklading op jou, sy gewaardeerde boereklant, aansienlik te verlig en jou te help om jou boerdery suksesvol te bedryf. Deur Panagri se uitgebreide navorsingsbedrywighede doen Pannar die meeste van die werk namens jou.

Sodra Pannar al jou vrae beantwoord het met die presiese inligting wat jy benodig, kan jy ingeligte besluite neem oor die beste moontlike mielie-, sojaboon- en sonneblomteelmateriaal wat aan jou vereistes binne jou spesifieke produksietoestande sal voldoen.

Pannar werk nou saam met die uitgebreide span navorsers, klanteraadgewers en boere landwyd wat almal by die Panagri-program betrokke is. Daar is voortdurende veldproewe van bestaande en nuwe mielie-, sojaboon- en sonneblomteelmateriaal op verskillende plekke regoor Suid-Afrika. Hierdie veldproewe is fundamenteel tot Panagri se doelwitte.

Pannar se jaarlikse P3- (Pannar-voorkeurprodukte) statistiese strookproewe word op 45 tot 50 plase reg oor die land uitgevoer. Dié proewe bestaan uit ’n vaste inskrywingslys van huidige kommersieel beskikbare produkte en nuwe produkte. Elkeen hiervan word in stroke geplant wat gewoonlik 150-300 m lank en een of twee planterwydtes is.

Dit is uiters belangrik dat elke deelnemende boer op wie se plaas ’n P3-proef gedoen word, dié basters en kultivars plant, bestuur en oes deur gebruik te maak van presies dieselfde toerusting, plantestand, voeding, gewasbeskerming en ander praktyke wat hy of sy gebruik vir sy of haar gereelde kommersiële aanplantings.

Pannar se navorsers en raadgewers werk nou saam met elke deelnemende boer om elke gewas in P3-proewe reg deur die plaaslike groeiseisoen te monitor. Gedetailleerde aantekeninge word gehou van elke boer se standaardverbouingspraktyke vir elke gewastipe, plaaslike klimaatstatistieke en van plae en siektes, asook die impak daarvan op die proewe.

Pannar versamel en ontleed dié inligting noukeurig saam met elke beproefde gewas se opbrengsdata. Dié resultate word binne ’n enkele P3-proef se ligging en oor ál die ander P3-proewe se liggings vergelyk om akkurate prestasiedata vir spesifieke streke regoor Suid-Afrika te genereer.

Dié uiteenlopende data is in die Panagri-program gesentraliseer waar Pannar se produksieraadgewers maklik toegang daartoe kan kry. Dit stel hul in staat om vir individuele boere die akkuraatste aanbevelings te gee oor Pannar se basters en kultivars wat die beste sal presteer binne spesifieke produksietoestande, en oor hoe om dit te bestuur. Dit alles help die boer om die produksiepotensiaal en winsgewendheid van sy mielie-, sojaboon- en sonneblomoeste te optimaliseer.

Voordat hulle kommersieel beskikbaar gestel word, word Pannar se jongste mielie-, sojaboon- en sonneblomteelmateriaal deur omvattende produkplasingsproewe getoets. Ongeveer 20 produkplasingsproewe bykomend tot die P3-proewe word aangeplant, maar by ander liggings. Dié liggings word gekies op grond van resultate wat tydens die ontwikkeling van die nuwe teelmateriaal gegenereer is.

Deelnemende boere in hierdie gebiede plant elkeen sowat 10 hektaar van die nuwe baster of kultivar wat Pannar gekies het om op sy of haar plaas te beproef. Elke boer gebruik sy of haar eie toerusting en verbou dit volgens sy of haar huidige gewasbestuurspraktyke. Daar word egter vereis dat dit geplant word teen die aanbevole plantestande wat bereken is.

Een van Pannar se kernprodukplasingsproewe vir mielies word tans op die hoëpotensiaal-watertafelgrond van Noordwes en die Noordwes Vrystaat uitgevoer. Voorlopige bevindinge is dat Pannar se jongste wit mieliebasters baie goed daar presteer. Pannar gebruik die opbrengsresultate van dié produkplasingsproewe om elke nuwe baster of kultivar se genetiese wins, opbrengspotensiaal en omgewingspotensiaal binne verskillende plase se unieke produksiestelsels te evalueer. Die resultate hiervan word by die Panagri-program gevoeg.

cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.