On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

International

Skandinawiese vlug voer noodlanding uit weens muis

───   12:42 Sat, 21 Sep 2024

Skandinawiese vlug voer noodlanding uit weens muis | News Article
Jarle Borrestad het ’n foto van hom en ander gea(muis)eerde passasiers geplaas. Foto: Facebook

“ ’n Muis het uit haar kos uitgespring.”

“Glo dit as jy wil – ’n dame langs my … het haar kos oopgemaak toe ’n muis daaruit spring,” skryf ’n passasier aan boord van ’n Skandinawiese vlug op Facebook.

Jarle Borrestad het ’n foto van hom geplaas op ’n Scandinavian Airlines-vlug, glimlaggend langs twee gea(muis)eerde medepassasiers.

Die voorval het Woensdag (18/9) op ’n vlug van Oslo in Noorweë na Málaga in Spanje plaasgevind. Die vlieënier moes daarna ’n noodlanding in Kopenhagen uitvoer, het die maatskappy Vrydag gesê. Passasiers het later aan boord van ’n ander vliegtuig na hul oorspronklike bestemming gereis.

Dit is ’n uitsonderlike voorval,” het Oystein Schmidt, woordvoerder van die lugredery, aan The Guardian gesê. “Ons het prosedures vir sulke situasies, waarvolgens ons ook ons verskaffers hersien om te verseker dit gebeur nie weer nie.” 

Hy het gesê “in ooreenstemming met ons prosedures het ons van vliegtuig verander” en die passasiers het aan boord van ’n ander vlug na Málaga, Spanje, gevlieg.

Dis nie die eerste keer dat ’n knaagdier ’n herrie veroorsaak nie. In 2017 kon ’n British Airways-vlug onderweg na San Francisco nie van Heathrow-lughawe opstyg nie nadat ’n muis aan boord opgemerk is. Ná ’n vertraging van vier uur is die vliegtuig vervang. Dié voorval het die lugredery sowat £250 000 uit die sak gejaag.

Onvoorsiene landings is nie altyd weens tegniese of veiligheidskwessies nie. Verlede jaar is ’n United Airlines-diens op pad van Houston na Amsterdam oor Chicago herlei nadat ’n besigheidsklaspassasier die vlug ontwrig het omdat sy keuse van ’n maaltyd glo nie beskikbaar was nie. 

In 2017 is ’n vliegtuig van Qatar Airways gedwing om te land nadat ’n vrou uitgevind het haar man het ’n buite-egtelike verhouding.

In ’n berig op die Aircraft Owners and Pilots Association se webtuiste word genoem muise kan deur elektriese bedrading op vliegtuie kou – en halfgekoude drade, wat moeilik is om op te spoor, kan kortsluitings veroorsaak en ’n brandgevaar inhou. In hierdie geval sal wat die oog nie kan sien nie, die hart wél kan seermaak.

OFM Nuus cg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.