On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

’n Gholfdag vir die boeregemeenskap!

───   08:36 Tue, 17 Sep 2024

Sponsored08:36 Tue, 17 Sep 2024
’n Gholfdag vir die boeregemeenskap!  | News Article

Boere en gholfspelers, hierdie een is vir jou!

Organiseerder Johan Gunter gesels met Vrystaat Landbou hoof-uitvoerende beampte, Gernie Botha, oor ondermeer hoe hulle as begunstigde die fondse aanwend:

Merk jou kalender vir 27 September 2024 en maak gereed vir ’n onvergeetlike dag by Agriculture.Golf se Gholfdag en Boeredag in Bloemfontein. Dit gaan GROOT wees!

4King Fantasties gaan watertand-etes vir al die hardwerkende boere bedien. Vanaf 17:00 kan jy vermaak deur die talentvolle Francois Bouwer en Daniel Wesley geniet.

Moenie hierdie perfekte mengsel van sport, kos en pret misloop nie. 

Kry besonderhede hier: https://www.facebook.com/agriculturedotgolf

Agriculture.Golf is ’n nie-winsgewende organisasie met die doel om die finansiële, versekering en korporatiewe bedrywe met landboumaatskappye te konnekteer deur ’n spel wat strek oor geografiese, taal en kulturele grense – gholf.  Daarom bied Agriculture.Golf, in samewerking met Vrystaat Landbou, vir die vierde jaar ’n gholfdag aan.

Die visie van Agriculture.Golf is om die toekoms en veiligheid van Suid-Afrika se boere te verseker deur op ’n gekontroleerde en deursigtige manier fondse in te samel vir landelike beveiliging in die Vrystaat.  

Agriculture.Golf se missie is nie net eenmalig gedrewe nie, maar ’n voortdurende poging om die boerderygemeenskappe te help, te ondersteun en op te hef.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.