On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Mobiele verwerkingseenhede sal help met beter veebestuur

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Mon, 23 Sep 2024

Mobiele verwerkingseenhede sal help met beter veebestuur | News Article
Een van die RMIS- mobiele verwerkingseenhede. Foto verskaf

“Die eenhede bied praktiese ondersteuning aan kleinskaalse en kommunale boere met die fokus op die gesondheid van hul vee en die verhoging van produksie.”

Nuwe mobiele verwerkingseenhede is ontwerp om noodsaaklike veedienste, insluitend die merk, brandmerk, onthoring en inenting, direk aan boere te bied. Die Red Meat Industry Services (RMIS) het onlangs ’n inisiatief van stapel gestuur om die veebestuur vir kleinskaalse en kommunale boere in Suid-Afrika te transformeer.

Volgens dr. Philip Oosthuizen, bedryfshoof van RMIS, is die hoofdoel van die eenhede om praktiese ondersteuning aan kleinskaalse en kommunale boere te bied met die fokus op die gesondheid van hul vee en die verhoging van produksie. 

Moderne tegnologie

“Dit sal help om die winsgewendheid en volhoubaarheid van hierdie boere te verbeter en hul toegang tot die kommersiële waardeketting te verhoog.”

Die eenhede bied uiteenlopende dienste wat ’n hanteringsfasiliteit insluit wat verseker die diere word veilig verwerk. Die eenhede is toegerus met moderne tegnologie, insluitend gewigstoestelle en digitale stelsels vir rekordhouding wat boere help met produksiebesluite en markgereedheid.


Die inisiatief het ’n begroting van meer as R9 miljoen wat gebruik sal word om nege eenhede in alle provinsies teen 2025 beskikbaar te stel. Oosthuizen benadruk RMIS sal sorg dat die geld effektief gebruik word, ondanks die uitdagings van die nasionale bekendstelling. 

Hy sê die eenhede is in ooreenstemming met die RMIS se breër doelwitte om die aantal speenkalwers in die formele mark teen 2030 te verhoog.

Terugvoering positief

Die suksesvolle loodsfase in 2024 het meer as 2 000 beeste in verskeie plase verwerk wat waardevolle insigte in die operasionele doeltreffendheid van die eenhede verskaf het. Die terugvoer van kleinskaalse boere was oorweldigend positief wat die projek se potensiaal om betekenisvolle verandering teweeg te bring, bevestig het.

Die verwagte uitkomste vir 2025 sluit in:

  • Nege eenhede wat gemiddeld 150 diere per dag verwerk;
  • 27 000 diere per maand;
  • 297 000 diere per jaar; en
  • 1 48 000 diere oor vyf jaar.

Met ’n fokus op die menslike en doeltreffende behandeling van diere, is die opleiding van die spesialiste wat die eenhede bedryf ’n prioriteit vir RMIS. “Alle bedryfsoperateurs het die nodige opleiding ontvang en volg ’n kode van beste praktyke om die welsyn van die diere te verseker,” sê hy.

OFM Agri/Robyn Schutte dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.