On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Stadig oor die klippe: Richann Brüssow gesels oor die plaas Maria

───   13:00 Mon, 09 Sep 2024

Stadig oor die klippe: Richann Brüssow gesels oor die plaas Maria | News Article
Shandor Potgieter en Richann Brüssow op die plaas, Maria. Foto: OFM

“OFM gaan op reis om plase en hul name te verken.”

Om plase, hul name en die storie agter die name te verken is OFM se opwindende nuwe reisavontuur se doel, spesiaal vir September, oftewel, Erfenismaand. 

Shandor Potgieter, OFM-omroeper, sal vir die volgende paar weke plase in Sentraal-Suid-Afrika besoek en agter die kap van die byl kom oor plase se ryk erfenis en unieke tradisies.

Eerste aan die beurt is die plaas Maria in die Vredefort-distrik. Foto: OFM

Richann Brüssow wat op die plaas Maria bly, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n voormalige deelnemer aan die kykNET-werklikheidsreeks, Boer Soek ’n Vrou, asook sanger en liedjieskrywer, is hy al ’n huishoudelike naam.  

Maria is ’n ongewone naam vir ’n plaas. Volgens Richann was daar jare gelede ’n boer met drie dogters wat aanvanklik die plase gekoop het. 

“Hy het toe elke plaas na een van sy dogters genoem. So eendag lank gelede het hier ’n tannie gebly wie se naam Maria was.” So eenvoudig soos dit.

Richann vertel hy is die derde generasie wat hier boer. Hoewel hulle deur die jare as saaiboere gevestig het, het hy ook begin om met meatmaster-skape te boer.

“Ek geniet die vee baie. Met saaiboerdery voel dit vir my asof daar nie regtig so baie beheer is nie. Met vee voel dit asof daar darem ’n plan is om te maak.”

Shandor Potgieter en Richann Brüssow verken die plaas. Foto: OFM

Daar is ook nog interessante plaasname in die distrik waarvan Richann vertel. Soos Mimosa Grow waar sy ouers woon en Windpompblok. Vir die plaaslewe is Richann baie lief.

“Ek dink nie ’n mens se leefstyl is noodwendig beter op die plaas as in ’n stad nie. Maar daar is net ’n iets op die plaas wat kalmte bring. Dit maak nie saak hoe rof jou dag was nie, as ’n mens die sonsondergang sien dan kom daar net ’n kalmte oor jou. Ek weet ek behoort hier.”

• Moenie die volgende episode van dié reisavontuur misloop nie.

OFM dg/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.