Agriculture
Debbie Bester aangestel as nuwe HUB van Senwes─── 08:34 Wed, 15 Jan 2025
Senwes het aangekondig dat Debbie Bester (39) vanaf 1 April 2025 die nuwe Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) van die maatskappy sal wees. Sy volg Francois Strydom op, wat ná 14 jaar as HUB en 24 jaar by Senwes, sy aftrede aangekondig het.
Volgens Danie Minnaar, voorsitter van Senwes, is Bester eenparig deur die direksie aangestel na ’n uitgebreide werwingsproses van sewe maande. “Ons bedank Francois vir sy onwrikbare toewyding en leierskap wat Senwes as een van Suid-Afrika se voorste landboumaatskappye gevestig het,” het hy gesê.
Francois het in 2001 by Senwes aangesluit en is in 2010 as HUB aangestel. Onder sy leierskap het Senwes landwyd gegroei en selfs internasionaal uitgebrei met ’n John Deere-toerustingbesigheid in Duitsland.
Bester, wat oorspronklik van die Vrystaat is, bring ’n uitgebreide agtergrond in finansies en korporatiewe bestuur na haar nuwe rol. Sy het haar loopbaan as geoktrooieerde rekenmeester by PWC begin en later sleutelpanele by Suidwes en Senwes beklee. In haar mees onlangse posisie as Uitvoerende Bestuurder: Finansies en Besigheidsontwerp, het sy op strategiese transaksies en prosesse verbeterings gefokus.
Sy maak geskiedenis as die eerste vroulike HUB in Senwes se geskiedenis en in die landbousektor. Die direksie het haar alle sukses toegewens en verklaar dat hulle haar onvoorwaardelik ondersteun.
Strydom sal tot 31 Julie 2025 beskikbaar wees om ’n gladde oorhandiging van leierskap te verseker.
OFM Agri cg