On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   08:11 Tue, 21 Nov 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto deur Livier Garcia/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Maandag met 1,60% gedaal.
  • Voortdurende globale gebeure soos twee oorloë en komende verkiesings in Argentinië en Taiwan lei tot onsekerheid. 
  • Waaksaamheid word vereis vir potensiële konflikte in die Midde-Ooste, NAVO-lande naby die Oekraïne, die Suid-Chinese See, Noord-Korea en die bestuur van die Palestynse streek na Israel-Hamas-oorlog.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Maandag met gemengde tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in November 2023 het met R16/ton (+0,38%) geklim en teen R4 215/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in November 2023 met R13/ton (-0,33%) gedaal en teen R3 900/ton gesluit. 
  • In die huidige markte verhandel die witmieliekontrakte sterkter as geelmieliekontrakte. Dit word meegebring soos wat die witmielie-uitvoerprogram spoed op tel.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Maandag met 1,47% gedaal.
  • Brasilië ondervind probleme met die aanplant van sojaboongewasse. Die afwagting van verspreide buie volgende week bied verligting, maar vertraagde plant kan opbrengste in daardie gebiede beïnvloed. 
  • Daarteenoor geniet Argentinië gunstige groeitoestande, wat uitstaan as die streek met die mees gunstige omgewing vir gewasontwikkeling in Suid-Amerika.  
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in November 2023 met R82/ton (-0,88%) gedaal en teen R9 215/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R88/ton gedaal en teen R9 170/ton gesluit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Maandag met 0,51% swakker verhandel.
  • As ons na die internasionale koringmark kyk, het die Oekraïense humanitêre korridor in die Swartsee homself doeltreffend bewys in die vervoer van graanvolumes, met 151 vaartuie wat die reis uit Oekraïense hawens voltooi het sedert dit in Augustus operasioneel geword het. 
  • Dit skep uitdagings vir die Amerikaanse koringmark, wat reeds deur ongunstigeuitvoervooruitsigte in die gesig gestaar word as gevolg van mededingende pryse van Oekraïne, Rusland en die Europese Unie.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike nabymaand koringkontrak vir lewering in November 2023 het onveranderd verhandel en teen R5 885/ton gesluit. 
  • Die Desember 2023-kontrak het met R24/ton (-0,41%) gedaal en gesluit teen R5 876/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM Nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.