On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Inspiration

Dulcie Harris red bure tydens gewapende rooftog

───   08:16 Tue, 27 Sep 2022

Dulcie Harris red bure tydens gewapende rooftog | News Article

Dié sterk Welkom-vrou wat ook bereid is om haar lewe vir 'n ander in gevaar te stel, soos toe sy ingespring het om haar bure op 'n Sondagoggend van 'n gewapende rooftog te red het met die Good Morning Breakfast-span gesels.

Toe hulle 'n geskree van buite hoor, was Dulcie Harris, haar dogter en seun steeds by hul huis en in die bed.

Toe Harris, nog in haar slaapklere, beweging oor die straat by haar bure, Marina en James se huis opmerk, haas sy vinnig na buite.

Lees ook: Sentraal Suid-Afrika se Dr. Adele Broodryk kom 3de in die jaar se Comrades

Sy is terug huis toe om haar hek en motorsleutels te kry. Terwyl Dulcie haar seun met die motor agtervolg het, het Sean in die straat na die bure se woning gehardloop. Die volgende oomblik het Sean aan die hek geruk en op die rowers geskree waarna een van die rowers ‘n geweer op hom gerig het en ‘n skoot afgefuur het maar die seun gelukkig gemis het.

 Luister die volledige onderhoud hier:

Die Good Morning Breakfast-span het toe ook met veiligheids spesialis, Pieter Du Plessis gesels om te hoor wat presies jy moet doen tydens ‘n gewapende rooftog.

Luister die volledige onderhoud hier:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.