On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

International

Sukses in Afrika noop verdere gebruik van malaria-entstof

───   09:25 Fri, 24 Jan 2025

Sukses in Afrika noop verdere gebruik van malaria-entstof | News Article
Malaria-inentings lewer belowende resultate in Kameroen. Foto: X

Afrika se stryd teen malaria het ’n hupstoot gekry nadat miljoene dosisse van die entstof dwarsoor die vasteland afgelewer is.

In ’n loodsfase van 2019 tot 2023 het meer as 2 miljoen kinders in Ghana, Kenia en Malawi die RTS-S-entstof ontvang. 

Byna 10 miljoen dosisse is in die eerste jaar van roetine-immunisering dwarsoor die vasteland afgelewer, volgens Gavi, die entstofalliansie. 

Dié immunisering het gelei tot ’n aansienlike afname in ernstige malaria, hospitalisering en ’n 13%-afname in die sterftesyfer. 

Op grond van dié sukses, beveel die Wêreldgesondheidsorganisasie nou die RTS-S-entstof saam met R21/Matrix-M aan vir malariavoorkoming. Malaria het voorheen jaarliks byna 600 000 mense se dood veroorsaak, meestal in Afrika en veral kinders.

Roetine-inenting is verlede jaar uitgebrei om hierdie drie lande en 14 ander in te sluit, beginnende met Kameroen. Teen die eerste maand van die jaar is as 9,8 miljoen dosisse afgelewer, wat ongeveer 5 miljoen kinders beskerm het. Die doel is om vier dosisse per kind toe te dien terwyl die klem val op die bereiking van diegene wat die grootste gevaar loop.

Gavi het belowende vroeë resultate uit Kameroen gerapporteer, met ’n afname in sterftes van kinders onder vyf. Malaria veroorsaak jaarliks meer as 13 000 sterftes in Kameroen, wat enige vermindering in getalle beduidend maak.

Afrika dra sowat 94% van wêreldwye malariagevalle by en 95% van sterftes. 

In 2023 was daar 263 miljoen malariagevalle, ’n effense toename vergeleke met 2022. Die dodetal het effens afgeneem van 600 000 in 2022 tot 597 000 in 2023. Kinders onder vyf het voorheen 76% van hierdie sterftes verteenwoordig het.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.