South Africa
Risiko van beurtkrag verhoog, waarsku Eskom─── 12:51 Fri, 31 Jan 2025
Eskom het ’n hoë risiko van beurtkrag oor die naweek aangekondig ná meer as tien maande se ononderbroke kragtoevoer.
Die kragvoorsiener sê hy het die afgelope week verskeie onderbrekings ervaar, wat vereis het dat hy al sy huidige noodreserwes moes gebruik.
“Oor die afgelope sewe dae het ons verskeie brekasies ervaar, wat verlengde hersteltye vereis. Dit het die gebruik van al ons noodreserwes genoodsaak, wat nou aangevul moet word,” sê Dan Marokane, uitvoerende hoof van die Eskom-groep.
You are cordially invited to an Eskom Group Holdings SOC Ltd media update on the status of the power https://system.
— Eskom Hld SOC Ltd (@Eskom_SA) January 31, 2025
Livestream:https://t.co/VPwlGoyJKx pic.twitter.com/Rs1Q323nG9
“Gevolglik monitor ons die status van ons huidige noodreserwes noukeurig, en beurtkrag (tot Fase 4) kan oor die naweek geïmplementeer word.”
Dié aankondiging kom enkele ure nadat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika ’n elektrisiteitstariefverhoging van 12,7% vir vanjaar goedgekeur het, net meer as ’n derde van die 36% waarvoor Eskom gevra het.
Nersa het Donderdag tydens ’n media-inligtingsessie sy besluit oor Eskom se sesde meerjarige prysbepaling (MYPD6)-inkomsteaansoek vir die 2025/26, 2026/27 en 2027/28 boekjare bekend gemaak.
THE MINISTRY OF ELECTRICITY AND ENERGY WELCOMES NERSA’S TARIFF DECISION pic.twitter.com/kvSLlhgWkA
— Ministry of Energy and Electricity (@MOEE_ZA) January 30, 2025
Eskom het aansoek gedoen vir ’n tariefverhoging van 36% in 2025, 12% die volgende jaar en 9% in 2027/28.
Die energiereguleerder het ’n verhoging van 12,74% vir die 2025/26-boekjaar goedgekeur, gevolg deur 5,36% die volgende jaar en 6,19% in 2027/28.
Intussen sal Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit en energie, na verwagting Vrydagmiddag ’n opdatering gee oor die kragopwekkingsverrigting.
OFM Nuus mvh