On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

South Africa

Polisiebeamptes bult hul spiere in Pretoriase marathon

───   09:16 Sun, 23 Feb 2025

Polisiebeamptes bult hul spiere in Pretoriase marathon | News Article
Van die polisiebeamptes wat aan die Pretoriase marathon deelneem. Foto: SAPD

Honderde polisiebeamptes het Sondag (22/2) hul uniforms verruil vir tekkies om aan die Pretoriase marathon deel te neem.

Van die 626 beamptes sal ook in die halfmarathon, 10 km- en 5 km-wedloop bewys hoe fiks hulle is.

Genl. Fannie Masemola, nasionale kommissaris en senior bestuurslede soos lt.genl. Tebello Mosikili, lt.genl. Shadrack Sibiya, lt.genl. Lineo Nkhuoa en lt.genl. Tommy Mthombeni het besluit om deel te neem om ’n voorbeeld vir ander beamptes te wees. Hulle het om 05:00 in Lynnwood weggespring.

Al die polisiebeamptes kry tyd om in die week te oefen. Foto: SAPD

Polisiebeamptes word aangemoedig om aan marathons en ander sportsoorte deel te neem om hul fiksheid en geestesgesondheid te verbeter, se Masemola.

“Om fiks te bly is ’n vereiste vir alle polisiebeamptes en daarom ondersteun ons dit. Elke week kry beamptes tyd om te oefen sodat hulle fiks kan wees om misdadigers aan te keer. Ons wil ons hoofborg Polmed bedank vir hul ondersteuning,” sê Masemola.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.