International
97ste Oscar-toekennings gevier met sang en danse ondanks verwoesting─── 12:03 Mon, 03 Mar 2025

Die Oscars-seremonie het ’n prysuitdelingseisoen afgesluit wat oorskadu is deur die Los Angeles-veldbrande in Januarie wat groot dele van dié Kaliforniese stad verwoes en talle in die bedryf geraak het.
Die opwindende kragmeting vir die 97ste Academy-toekennings het in die Dolby-teater op die voormalige perseel van die Hollywood Hotel, Los Angeles, tot ’n einde gekom waar die spitsvondige en charismatiese Conan O’Brien Sondagaand (2/3) die toekennings aangebied het, met baie verrassings, vreugde en trane ná ’n paar emosionele oomblikke.
Anora, die dramatiese komedie van die regisseur Sean Baker, was die aand se groot wenner en is met vyf goue beeldjies bekroon, insluitend beste aktrise vir die ster Mikey Madison en beste rolprent.
Best Actress winner Mikey Madison at the 97th #Oscars
— The Academy (@TheAcademy) March 3, 2025
Photo Credit: Roger Kisby pic.twitter.com/jxmC7UH1fF
Die vertoning het begin met spesiale rolprentuittreksels wat hulde gebring het aan die stad en geëindig het met “We Love LA”. Dit is gevolg deur die Wicked-sterre Ariana Grande en Cynthia Erivo se optrede.
Die organiseerders het vooraf volgehou niks sou hulle van stryk bring midde-in die streek se herstel nie, hoewel die jaarlikse middagete vir benoemdes afgelas is en sperdatums vir benoemings aangepas is.
“I believe if the past can teach us anything it’s a reminder to not let hate go unchecked.”
— ABC News (@ABC) March 3, 2025
Adrien Brody encourages people to “fight for what’s right” during his Best Actor acceptance speech for his role in “The Brutalist.”#Oscars https://t.co/nl9CxOviL4 pic.twitter.com/rANoe4LkGC
Die Netflix musiek- en misdaaddrama Emilia Pérez was voor in die koor met 13 benoemings. Wicked en The Brutalist, waarin Adrien Brody ’n Holocaust-oorlewende en argitek speel, het met tien benoemings elk gevolg.
The Brutalist het die aand afgesluit met drie toekennings, waaronder beste akteur vir Adrien Brody. Wicked het in twee kategorieë gewen: produksieontwerp en kostuumontwerp.
Soos gewoonlik was die rooi tapyt sterbelaai.
The look you give when you know you’re about to slay. Margaret Qualley at the 97th #Oscars
— The Academy (@TheAcademy) March 3, 2025
Photo Credit: John Shearer pic.twitter.com/GA24tGR7zd
Alhoewel die Suid-Afrikaanse kortfilm The Last Ranger nie die Oscar vir beste kortfilm (regstreekse aksie) gewen het nie, het dit die aandag gevestig op renosterstropery en -bewaringspogings in die land.
Dié 28 minuut lange Xhosa-film wat in ’n wildreservaat in die Oos-Kaap geskiet is, was die enigste Afrika-rolprent op vanjaar se Oscar-kortlys. Die kategoriewenner was I’m Not a Robot.
Gene Hackman, wat verlede week dood gevind is, het ’n spesiale vermelding gekry in ’n huldeblyk deur die tweemalige medespeler en mede-Oscar-wenner Morgan Freeman.
Die ontslape musiekvervaardiger Quincy Jones het ook sy oomblik gehad, bekendgestel deur Whoopi Goldberg en Oprah Winfrey – afgesluit met ’n Queen Latifah-uitvoering van ”Ease on Down the Road”.
OFM Nuus mvh