On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Inspiration

Jong Suid-Afrikaner kry goue kaartjie op American Idol

───   08:33 Tue, 14 Mar 2023

Jong Suid-Afrikaner kry goue kaartjie op American Idol | News Article

'n Voormalige inwoner van Suid-Afrika, Stefan Bezuidenhout, het die gesogte kompetisie se goue kaartjie na Hollywood gewen. Die Good Morning Breakfast-span gesels met hom en hoor meer oor sy reis na Amerika en American Idol.

Die 16 jarige Stefan Bezuidenhout, ook bekend as Stefan Benz, is oorspronklik van Centurion in Gauteng en is tans woonagtig in Orange County, Kalifornië. Hy het 'n paar jaar gelede saam met sy gesin daarheen verhuis.

LEES OOK: Afrikaans is alles vir Kurt Darren

Stefan neem tans deel aan die gewilde kompetisie, American Idol, waar hy onlangs 'n goue kaartjie na Hollywood gewen het om verder deel te neem. Tydens sy oudisie het die sangeres Katy Perry selfs Afrikaans met hom gepraat om te sê hy gaan Hollywood toe.

Luister na die volledige onderhoud hier:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.