On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Agri Noord-Kaap: Maak seker kommentaar oor onteiening is feitelik korrek

───   14:24 Mon, 10 Feb 2025

Agri Noord-Kaap: Maak seker kommentaar oor onteiening is feitelik korrek | News Article
Agri Noord-Kaap president, Willem Symington. Foto: Agri Noord-Kaap

Agri Noord-Kaap doen ’n beroep op die regering om met die daarstelling van Onteieningswetgewing die voorwaardes van die Grondwet te eerbiedig en vir dié wetgewing se inhoud om so duidelik te wees, dit sal nie deur belangegroepe misbruik kan word nie.

Die organisasie het sy kommer uitgespreek oor die nuwe Onteieningswet en benadruk dat enige wetgewing met betrekking tot eiendomsreg duidelik met die Suid-Afrikaanse Grondwet moet strook. 

Die organisasie belyn homself met AgriSA se standpunt dat privaat eiendomsreg ’n hoeksteen van ekonomiese groei en welvaartskepping is. 

Volgens Willem Symington, president van Agri Noord-Kaap, is onteieningswetgewing noodsaaklik vir ’n goed-geordende samelewing, maar die inhoud daarvan moet ondubbelsinnig wees. Hy waarsku vae bepalings in die wet, veral rakende die definisies van “openbare doel” en “openbare belang”, geleenthede vir waninterpretasie en moontlik misbruik skep.

Die organisasie is veral bekommerd oor die magtiging van onteiening op verskeie regeringsvlakke, asook die konsep van nul vergoeding, wat ’n verskuilde wyse kan wees om grond sonder vergoeding te onteien.

“Die verbetering van dienslewering, asook die suksesvolle hantering van transformasie in die landbou-sektor sal ’n groot bydrae lewer om wedersydse vertroue te bou. Samewerking tussen die regering en burgerlike belangegroepe is ’n suksesresep om van Suid Afrika ’n land te maak waar daar vir almal geleenthede is om ’n beter lewe vir almal moontlik te maak.”

Symington het verder benadruk Agri Noord-Kaap sal waak teen enige ideologiese agendas wat moontlik deur die nuwe wetgewing bevorder kan word. Die organisasie sal voortgaan om bekommernisse deur formele kanale met die regering te bespreek en sal, waar nodig, sterk standpunt inneem teen wetgewing wat grondbesit en ekonomiese stabiliteit kan bedreig.

Reaksie van finansiële wêreldmarkte

Agri Noord-Kaap het ook gewaarsku teen die negatiewe impak van emosioneel gelaaide en feitelik verkeerde kommentaar oor die Onteieningswet. 

“Dit bevestig weereens die feit dat Suid-Afrika nie geïsoleerd is van die res van die wêreld nie. Die direkte effek van sulke gebeure word dadelik sigbaar in die reaksie van finansiële wêreldmarkte en die gepaardgaande reaksie van handelsvennote.”

Ter afsluiting het Symington ook die versekering gee dat die organisasie in gevalle van onwettige optrede, ook wat grond besettings aanbetref, lede onmiddellik en volledig die nodige ondersteuning sal bied.

OFM Agri mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.