On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Staatsrede 2025: Steenhuisen bevorder volhoubare mode op tapyt

───   ELZETTE BOUCHER 18:37 Thu, 06 Feb 2025

Staatsrede 2025: Steenhuisen bevorder volhoubare mode op tapyt  | News Article
Ashleigh, John en Terry Steenhuisen op die rooi tapyt voor die staatsrede in Kaapstad. Foto: Facebook/John Steenhuisen

Die rooi tapyt by vanjaar se Staatsrede in Kaapstad het beklemtoon dat mode nie net oor styl gaan nie, maar ook ’n platform kan skep vir belangrike gesprekke oor volhoubaarheid en ekonomiese groei in Suid-Afrika.

Proudly SA het weereens vanjaar met hul ‘Dra Plaaslik’-veldtog vir die sowat 2 000 gaste wat by die parlementêre geleentheid verwag is, aangemoedig om uitrustings te dra van plaaslike materiaal wat deur Suid-Afrikaanse ontwerpers geskep is.

Minister van landbou, John Steenhuisen, het die geleentheid saam met sy vrou Terry en dogter Ashleigh bygewoon.

Die sowat 2 000 gaste wat by die parlementêre geleentheid verwag is, is aangemoedig om plaaslike uitrustings te dra. Foto: Facebook

“Suid-Afrika produseer baie van die rou materiale vir tekstiele. Ons bevorder die volstruisbedryf – ons het vere vir Lady Gaga se optrede by die Olimpiese Spele verskaf en ons volstruisleer is van wêreldgehalte. Ons dra vandag groen – die kleur van landbou,” vertel Steenhuisen.

Terry se rok was ook trots Suid-Afrikaans. “Ek is baie trots om die minister te verteenwoordig met my volstruisleer-handsak. My skoene is van ’n nie-winsgewende organisasie, Vintage with Love, wat ’n fokus plaas op volhoubare mode.


Ashleigh het ’n rok wat aan haar vriendin behoort, gekombineer met ’n Cape Cobra-handsak. Beide items is plaaslik vervaardig.

Die minister het geskerts met die G20 wat vanjaar in Suid-Afrika aangebied word, is dit dalk ook tyd vir ’n F20 (Fashion 20) – ’n G20-ekwivalent vir mode om plaaslike inhoud en herwinning in die modebedryf te bevorder. “Ons moet wêreldwyd ’n skuif maak na volhoubare mode en herwinning.”

Proudly SA het tydens die geleentheid ook ’n uitdaging aan mode-rolspelers gestel om meer plaaslike, volhoubare modes en hergebruikte tekstiekprodukte te ondersteun.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.