On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

SAPV hoop op BTW-aankondiging met begrotingsrede

───   ELZETTE BOUCHER 04:00 Mon, 27 Jan 2025

SAPV hoop op BTW-aankondiging met begrotingsrede   | News Article
Foto: Getty Images

Die begrotingsrede is skeduleer vir 19 Februarie 2025 en een van die aankondigings wat die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) hoop gedoen gaan word, is die kwytskelding van BTW op seker hoenderprodukte.

Volgens Izaak Breitenbach, hoof van die braaikuikenafdeling, sal so ’n besluit nie net verligting vir lae-inkomste-gesinne bring nie, maar ook bydra tot die bekamping van wanvoeding in die land.

Die organisasie meen daar is baie goeie redes waarom die kwytskelding oorweeg met word:

1. Basiese voedselbron: Hoender is een van die mees verbruikte proteïenbronne in Suid-Afrika, veral onder arm gesinne. Baie mense kan egter steeds nie bekostig om hoender gereeld in hul dieet in te sluit nie.

2. Bekamping van wanvoeding: Volgens statistieke is 28% van Suid-Afrikaanse kinders fisies en intellektueel gestrem as gevolg van wanvoeding. Die vrystelling van BTW op hoender kan help om hierdie krisis aan te spreek deur hoender meer bekostigbaar te maak.

3. Onbillike BTW-struktuur: Die huidige BTW-vrye kosmandjie sluit hoofsaaklik energiebronne soos mieliemeel en bruinbrood in, maar proteïenbronne word grotendeels uitgesluit. Hoender kan hierdie leemte vul.

LEES OOK: Pluimveebedryf kyk na groei in 2025 ondanks uitdagings

SAPV se berekeninge toon dat BTW-vrystelling op sekere hoenderprodukte, soos bevrore stukke, sowel as vars en bevrore organe soos hartjies en lewers, R82 verligting per maand op ’n tipiese gesin se kosmandjie van R5 600 kan bring.

Hoewel die koste vir die fiskus na raming R5 miljard per jaar sal wees, meen Breitenbach dat dit slegs 0.2% van die totale belastinginkomste verteenwoordig. Hy sê die voordele van hierdie maatreël, insluitend verligting vir sukkelende gesinne, weeg baie swaarder as die koste.

Die SAPV het reeds ’n verslag deur ’n prokureursfirma opgestel en dit aan die Tesourie voorgelê. Breitenbach hoop dat President Cyril Ramaphosa, wat vroeër aangekondig het dat voedselpryse verlig moet word, hierdie voorstel sal oorweeg, wanneer die nuwe begroting bekend gemaak word.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.