International
Hof verwerp Trump se opskorting van buitelandse hulp─── 11:03 Thu, 06 Mar 2025

Pres. Donald Trump het Woensdag (5/3) ’n regsterugslag beleef toe die Amerikaanse hooggeregshof sy poging verwerp het om $2 miljard se buitelandse hulpbetalings te bevries.
Dié hof het met vyf stemme teenoor vier die distrikshofbevel gehandhaaf wat die hervatting van betalings vir voltooide hulpkontrakte vereis, insluitend dié met die hulporganisasie van die Amerikaanse regering (USAID) en die departement van buitelandse sake.
Hoofregter John Roberts en die Trump-aanstelling Amy Coney Barrett het saam met die drie liberale regters gestem om ’n meerderheid te vorm.
WOW: In a rare moment of judicial independence, Trump's hand-picked right-wing Supreme Court has ruled that his administration must comply with a district court order and pay out nearly $2 billion in foreign assistance funds to nonprofit aid groups.
— Democratic Coalition (@TheDemCoalition) March 5, 2025
Read more here:… pic.twitter.com/sEEUwexulI
Die drie ander konserwatiewe regters was teen die bevel gekant. In ’n meningsverskil het die konserwatiewe regter Samuel Alito die besluit gekritiseer. “Het ’n enkele distrikshofregter, wat waarskynlik nie eens jurisdiksie het nie, die ongekontroleerde mag om die Amerikaanse regering te dwing om twee miljard belastingbetalersdollars uit te betaal (en waarskynlik vir ewig te verloor)?” vra Alito.
“Die antwoord op daardie vraag behoort onomwonde nee te wees, maar ’n meerderheid van hierdie hof dink blykbaar anders. Ek is verstom,” sê hy.
Die distriksregter Amir Ali, wat deur pres. Joe Biden aangestel is, het vroeër ’n tydelike beperkingsbevel uitgereik wat die opskorting van buitelandse hulp verhoed het.
??Breaking: Unbelievable! The Supreme Court in a 5-4 vote just forced Trump to fork over $2 BILLION to foreign aid leeches—cash that should be rebuilding AMERICA. pic.twitter.com/v6KclDtuK7
— Patriot in Chief?????? (@Patriot_N_Chief) March 5, 2025
Die Trump-administrasie het ná sy terugkeer meer as 90% van Amerikaanse buitelandse hulp gekanselleer, gesê dit is nie in Amerika se belang nie en dat die geld liewer moet help om belasting te verminder. Onder leiding van die miljardêr Elon Musk het Trump USAID effektief gesluit.
Trump het in sy eerste termyn min belangstelling in Afrika getoon en is bekend vir sy neerhalende verwysings na en bynaam vir immigrante van dié vasteland.
Prince Harry said the “beautiful mountain kingdom” of Lesotho “feels like a home away from home,” recalling how he and Prince Seeiso founded their charity, Sentebale, “in honor of our mothers, and symbolizes our pledge to always advocate for the most vulnerable among us.” pic.twitter.com/m7UYRW2YzE
— Janine Henni (@JP_Henni) September 24, 2024
Tydens sy eerste toespraak in die kongres sedert sy inhuldiging, het Trump Maandag (3/3) sy opskorting van buitelandse hulp verdedig en na Lesotho verwys as ’n land waarvan niemand al gehoor het nie.
“Agt miljoen dollar om LGBTQI+ in die Afrika-nasie van Lesotho te bevorder,” het Trump gesê terwyl hy met die uitspraak gesukkel het, en het bygevoeg: “waarvan niemand al ooit gehoor het nie.” Republikeinse wetgewers het gelag en adj.pres. JD Vance en die speaker, Mike Johnson, het agter hom gesit en glimlag.
TRUMP EXPOSES INSANE SPENDING:
— Libs of TikTok (@libsoftiktok) March 5, 2025
- $2 billion for free housing & cars for illegal aliens
- $45 million for DEI scholarships in Burma
- $40 million for "social & economic inclusion of sedentary migrants"—no one knows what that is
- $8 million to promote LGBTQI+ in Lesotho—a country… pic.twitter.com/lRPHgijacI
Lesotho, wat ’n hoë MIV/vigs-syfer het, het aansienlike Amerikaanse steun ontvang, insluitend meer as $630 miljoen sedert 2006 vir anti-MIV/vigs-pogings en ’n $300 miljoen-ooreenkoms vir gesondheid en landbou.
Die President’s Emergency Plan for AIDS Relief (Pepfar) is in 2003 onder die administrasie van president George W. Bush begin. Dit was een van die suksesvolste voorbeelde van buitelandse hulp in onlangse geskiedenis. ’n Groot deel van Pepfar-geld word deur USAID versprei.
Last night, Trump mocked the country of Lesotho when he was bragging about canceling USAID funding. Trump asked if anyone had ever even heard of Lesotho.
— agitator in chief (@soit_goes) March 5, 2025
Well, he should have since he was employing workers there. pic.twitter.com/i3ZqOZvXGR
Die staking van USAID-finansiering het onder meer die Phelisanang Bophelong MIV/vigs-netwerk in Lesotho hard getref. Dit is ’n gemeenskapsgebaseerde organisasie wat met mense met MIV/vigs werk.
Rebonejoang Leoma, projekkoördineerder, sê hy vrees ’n toename in infeksies namate mense sukkel om toegang tot noodsaaklike antiretrovirale medikasie te kry. Hy sê die organisasie het met byna duisend LGBTQI+-mense en sekswerkers gewerk wat weens stigma bang is om na klinieke te gaan.
Die Elizabeth Glaser Pediatric AIDS Foundation het ook die beëindiging van drie USAID-ooreenkomste in MIV-programme in Lesotho, Eswatini en Tanzanië aangekondig waarby 350 000 mense baat vind.
Here is what killing #USAID funding does--it kills #Basotho who are HIV positive. Pulling funding with no warning to a program that serves 350,000 HIV+ in #Lesotho and leaving them without access to life-saving meds.
— John Aerni-Flessner (@LesothoJohn) March 5, 2025
Callous.
Uncaring.
Immoral.https://t.co/OTp8Fkq1e5
“Ons is nie tyd gegun om ons kliënte na klinieke te verwys of te verseker dat hulle voortgesette toegang tot hul medikasie het nie. Ons is aangesê om alles dadelik te stop. Die mense wat ons bedien het, moet nou daaronder ly,” sê Leoma.
Aanvanklik sou die opskorting van hulp (na verwagting) net drie maande geduur het. Maar verlede week het die Pepfar-bestuur in Lesotho ’n vergadering met alle USAID-begunstigde organisasies in die land belê. “Die boodskap was kort en duidelik: dit is onmiddellik van krag, alle projekte is gesluit,” sê Leoma.
Die Amerikaanse departement van staatsdoeltreffendheid (bekend as Doge, onder leiding van Musk) het Vrydag (28/3) ook die kansellasie aangekondig van ’n $8 miljoen-toekenning wat bestee sou word om “die stigma, diskriminasie en geweld teen LGBTQI+-gemeenskappe” in Lesotho te verminder.
"Stopping these programs is a death sentence for mothers and children."
— Elizabeth Glaser Pediatric AIDS Foundation (@EGPAF) February 27, 2025
Dr. Lynne Mofenson explains what is at risk for the +10,000 pregnant women impacted by the terminations of EGPAF's USAID work in Lesotho, Tanzania, and Eswatini. pic.twitter.com/XKLB3CVbnE
Die Lesotho-regering se reaksie was stadig en onseker. Retselisitsoe Matlanyane, minister van finansies, het in haar onlangse begrotingsrede aan die parlement geen melding gemaak van die USAID-krisis nie.
Selibe Mochoboroane, minister van gesondheid, het met GroundUp gepraat en die groeiende finansiële las erken. “Ons sal byna R300 miljoen nodig hê vir ’n jaar se begroting, afhangende van die programme wat geraak word,” sê hy.
Vir Leoma is die seerste deel die onmiddellikheid van die opskorting. “Ons is geen tyd gegun nie,” sê hy.
OFM Nuus mvh