On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Nampo Alfa: SA Melkboktelers fokus op beter gene

───   11:26 Fri, 18 Oct 2024

Nampo Alfa: SA Melkboktelers fokus op beter gene | News Article
Anje van Dyk van die SA Melkboktelersgenootskap by Nampo Alfa. Foto: OFM Agri

Melkbokke se melk bied verskeie voordele en word selfs vir lyfprodukte gebruik.

Anje van Dyk van die SA Melkboktelersgenootskap vertel OFM Agri by die Nampo Alfa-ekspo oor die genootskap se werk en die stand van die melkbokbedryf in Suid-Afrika. “Ons streef daarna om geneties beter melkbokke in Suid-Afrika voort te bring.”

Die genootskap bestaan uit verskeie telers en stoeterye wat saamwerk om melkbokrasse soos die Saanen en Toggenburg te bevorder, asook die British Alpine, wat sy as haar persoonlike gunsteling beskryf. “Die swart bokke met wit merke is die British Alpine. Hulle het ’n mooi, aantreklike voorkoms.”

@ofm.agri Anje van Dyk van die melkboktelersvereniging gesels oor hierdie groeiende nismark by #NAMPOAlfa2024. #OFMAgri2024 #fyp ? original sound - OFM Agri

Van Dyk gesels ook die gewildste melkbokrasse in die bedryf: “Die Saanen-ras is die gewildste, dan die British Alpine en Toggenburg.”

Melkbokke se melk het vele gebruike. Volgens Van Dyk is dit nie net gewild vir die maak van produkte soos kaas nie, maar selfs vir lyfprodukte. Bokmelk is veral voordelig vir mense wat laktose-onverdraagsaam omdat dit van nature gehomogeniseer is. 

“Bokmelk se room skei glad nie, wat dit ’n smaaklike melk maak om te gebruik.”

OFM Agri cvdw

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.