On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

'Klein maar getrein' miniatuurdonkies pronk by Nampo Alfa

───   07:15 Fri, 18 Oct 2024

'Klein maar getrein' miniatuurdonkies pronk by Nampo Alfa | News Article
Angelique du Preez (links) met twee van haar miniatuurdonkies. Foto: OFM Agri

'Hulle is soos 'n hond wat gras eet. Hulle loop agter jou aan en soek net liefde.'

By vanjaar se Nampo Alfa se lewende hawe-, jag- en buitelewe ekspo het Collett Farming-teelplaas se miniatuurdonkies weer die aandag van besoekers getrek. Angelique du Preez van Collett Farming het met OFM Agri gesels oor hierdie unieke en gewilde troeteldiere wat meer as net ’n mooi gesiggie is.

Met meer as sewe jaar se ervaring en ’n kudde van 30 donkies, bedryf Du Preez die telery op hul plaas tussen Bultfontein en Venterstad.

Volgens haar is miniatuurdonkies geliefd vir hul mak, rustige geaardheid. “Hulle is diere wat net liefde en aandag soek. Hulle is gehard en maklik om aan te hou, en jy hoef jou nie oor siektes te bekommer nie.”

Een van Collett Farming se sterre is Rose, ’n 12-jarige miniatuurdonkie wat saam met haar vulletjie van twee-en-’n-half-weke oue vulletjie by die ekspo te sien was. 

Miniatuurdonkies is oorspronklik van Mediterreense eilande afkomstig en is geharde diere wat maklik in verskillende omgewings kan aanpas. Hulle benodig minimale sorg. Hulle kan tot 35 jaar oud word en is ideaal vir mense wat na ’n langtermyn-troeteldier soek.

Du Preez waarsku dat dié donkies nie te veel gevoer moet word nie. Hulle kan maklik gewig optel wat tot gesondheidsprobleme kan lei. “Hulle is soos 'n hond wat gras eet,” voeg sy met 'n glimlag by. “Hulle loop agter jou aan en soek net liefde.”

OFM Agri cvdw

@ofm.agri

Die NAMPO Alfa lewende hawe-, jag- en buitelewe ekspo se veeprogram stel nie net die grootste en beste stoetvee ten toon nie, daar is selfs ’n plekkie vir die beskeie heuningby en donsige donkies. Dis die aldag wat mens die geleentheid kry om van die 'wonderlikste' dier in die verkleinvorm te praat nie. OFM se inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met donkieteler Angelique du Preez.

? original sound - OFM Agri

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.