On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

International

Orkaan Milton tref Florida; oorstromings volg

───   08:56 Thu, 10 Oct 2024

Orkaan Milton tref Florida; oorstromings volg | News Article
Die oog van die orkaan beweeg nou verby die Florida-skiereiland en verlaat dit langs die ooskus. Foto: X

Sterftes is aangemeld, nooddienste moes plek-plek opgeskort word en ’n dak is van ’n stadion afgeruk toe Orkaan Milton oor Florida inbeweeg het.

Mense is beveel om binnenshuis te bly tensy hulle deur ’n lewensgevaarlike situasie gekonfronteer word, berig Sky News

Nadat Orkaan Milton Woensdagaand om 20:30 naby Siesta Key in Sarasota aan Florida se Weskus as ’n kategorie 3-storm aangeland het, met ’n aanvanklike windsterkte van 193 km/h, het dit tot ’n kategorie 1-storm verswak.

Orkaan Milton het teen Donderdag om 05:00 ’n maksimum windsterkte van 136 km/h volgehou en sal na verwagting Donderdag weg van Florida se ooskus beweeg, volgens die Nasionale Orkaansentrum. Daar word “steeds skadelike, orkaansterkte wind en swaar reënval in oos-sentraal Florida ervaar."

Volgens die Saffir-Simpson-orkaanwindskaal word ’n kategorie 1-orkaan gedefinieer as ’n storm met maksimum volgehoue wind van 119 tot 152 km/h.

Die oog van die orkaan, wat oornag van naby die Tampabaai-gebied ooswaarts na Orlando en Kaap Canaveral beweeg het, beweeg nou verby die Florida-skiereiland en verlaat dit langs die ooskus, volgens CNN-meteoroloog Derek Van Dam.

Volgens Van Dam teister die orkaan steeds dele van die kus wat tornado’s langs Florida se Treasure Coast kan veroorsaak. Oorstromings van tot 4 voet diep is steeds moontlik langs die kus, soos wat die storm oorbeweeg.

Swaar reën hou ook steeds ’n risiko in, met sommige plekke wat maande se reënval binne een dag ontvang. Kitsvloede word nou aangemeld in Hillsborough County, waar Tampa geleë is, wat noord en oos strek na Orlando waar vloedwaarskuwings steeds in plek is.

’n Getuie het aan Treasure Coast Newspapers gesê die tornado het die Spanish Lakes Country Club noord van Port St. Lucie, langs Florida se Atlantiese kus, beskadig.

“Dit het gelyk of iemand ’n gewig uit die lug laat val het en ’n klomp huise platgemaak het,” sê Doug Anderson, ’n inwoner van Lakewood Park in St. Lucie County.

Anderson sê hy het talle mense met beserings gesien, en eiendomskade weens die tornado was ook groot.

“Een van die laaste huise waarheen ek gegaan het, het gelyk asof dit in die helfte geskeur is. Die mense het buite gehuil.”

Herhaalde waarskuwings dat Milton katastrofies en lewensgevaarlik kan wees, het gelei tot ’n massa-uittog uit kusgebiede, en het inwoners en besoekers met ’n diep gevoel van vrees en onrus gelaat.

Talle mense het die video geplaas van die dak van Tropicana Field-stadion wat deur Milton se winde aan flarde geruk word. Die koepelvormige stadion is die tuiste van Major League Baseball se Tampa Bay Rays en is onlangs as ’n basiskamp gebruik om die Florida Departement van Noodbestuur te ondersteun voor die orkaan, berig USA Today.

Ongeveer 125 huise is reeds Woensdagaand deur orkaan Milton vernietig, volgens Florida-amptenare. Meer as 3 miljoen huise en besighede was vroeg Donderdag in die duister, volgens data oor kragonderbrekings.

President Joe Biden het vroeër na Orkaan Milton verwys as “die storm van die eeu” en het inwoners gewaarsku om gehoor te gee aan ontruimingsbevele. 

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.