On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Nampo Alfa: Wolkwekers wys skaapskeer 'sonder die seer'

───   11:11 Fri, 18 Oct 2024

 Nampo Alfa: Wolkwekers wys skaapskeer 'sonder die seer' | News Article
Juan Venter by die NWKV se stalletjie by Nampo Alfa. Foto: OFM Agri

“Ons wil mense wys dat jy wol kan oes van ’n skaap sonder om hom beseer. Baie mense dink mens beseer ’n skaap wanneer ons hom skeer. Dit is beslis nie die geval nie.”

Juan Venter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) het aan OFM Agri vertel die organisasie se doel by die Nampo Alfa-ekspo is om te demonstreer hoe skape geskeer word sonder om die diere seer te maak. 

“Ons wil mense wys jy kan die wol van ’n skaap oes sonder om hom seer te maak. Baie mense dink ’n skaap kry seer wanneer hy geskeer word. Dit is beslis nie die geval nie.”

Die NWKV, wat oor twee jaar sy eeufees vier, is die oudste produsente-organisasie in Suid-Afrika. 

“Ons is al vir 'n honderd jaar die stem vir die wolboer.” Die vereniging, wat deur mede-wolboere bestuur word, onderhandel met makelaars en kopers om beter marktoestande vir hul produk te skep.


@ofm.agri Juan Venter by die Nasionale Wolkwekersvereniging stalletjie by #NAMPOAlfa deel tendense met #OFMAgri ? original sound - OFM Agri

Venter gee ook insae in die uitdagings wat wolboere in die gesig staar. “Die wolprys, wat tydens die onlangse veiling in Port Elizabeth op R161 per kilogram vir skoon wol gesluit het, is onder druk. Ons reken dit is maar as gevolg van die ekonomiese toestande in die wêreld.”

Ongeveer ongeveer 80% van Suid-Afrika se wol is verlede jaar na China uitgevoer maar die verlangsaming in China se ekonomie het ’n groot impak op wolpryse. Daarbenewens gaan dit ook moeilik met skaapboere weens onderdrukte vleispryse.

Tog bly Venter en sy kollegas positief oor die toekoms. “Ons sien uit na ’n nuwe seisoen. Ons is positief en glo die natuur sal saamspeel om dit vir ons as boere makliker te maak.”

Venter beskryf wol as ’n "unieke en duursame produk". "Wol is ’n omgewingsvriendelike keuse in vergelyking met sintetiese vesels. Dit is ’n produk wat ons graag aan die wêreld wil bevorder."

OFM Agri cvdw


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.