On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Organisasie vir rooivleisprodusente op pad van vernuwing

───   10:52 Fri, 18 Oct 2024

Organisasie vir rooivleisprodusente op pad van vernuwing | News Article
Dr. Frikkie Maré. Foto: Verskaf

“Die Rooivleisprodusente-organisasie doen dalk nie meer dieselfde dinge op dieselfde manier nie, maar deur al die jare bly dit ’n organisasie deur produsente, vir produsente.”

Georganiseerde landbou-organisasies soos die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) moet bly aanpas om relevant te bly in die vinnig veranderende markomgewing.

Dr. Frikkie Maré, hoofuitvoerende beampte, het by die RPO-kongres tydens die Nampo Alfa-ekspo by Bothaville die organisasie se vernuwing en aanpassing beklemtoon en verwys na die uitdagings wat die rooivleisbedryf en sy produsente ervaar.

Maré, wat vroeër vanjaar by die RPO as voltydse uitvoerende beampte aangestel is, benadruk hoe die landboubedryf oor die jare ontwikkel het en verwys na die veranderende markomgewing en die invloed van kettingwinkels op die bedryf.

“Voerkrale speel 'n al hoe groter rol terwyl kettingwinkels tradisionele slaghuise feitlik uitgeroei het.”

Volgens hom is verbruikersvoorkeure voortdurend besig om te verander. “Die middelklas groei en voedselvoorkeure verander voortdurend.”

Een van die RPO se grootste uitdagings is die afname in produsente. “Produsente word al hoe minder soos wat die ekonomie van skaal die klein produsent van sy plaas af druk.”  Hy beskryf toenemende veediefstal, plundering en dieresiektes as kwessies wat “net nie weggaan nie” en wat voortdurend nuwe uitdagings teweeg bring.

'Veediefstal, dieresiektes bring voortdurend uitdagings'

Maré beklemtoon dat die RPO steeds daartoe mik om produsente by te staan, al het die manier waarop hulle dit doen, verander. “Die RPO doen dalk nie dieselfde dinge op presies dieselfde manier nie, maar deur al die jare bly dit ’n organisasie deur produsente, vir produsente.”

Hy het ook die begin van die RPO se vernuwing- en aanpassingsproses formeel aangekondig. “Ons gaan vandag begin met die proses van aanpassing en vernuwing.”  

Die organisasie gaan in die komende jaar met sy lede vergader om te verseker hulle kry insae en ondersteuning. “Ons sal met ons lede op verskillende platforms in gesprek tree om nie net hulle insae te kry nie, maar ook hulle inkoop.”

Maré nooi produsente en rolspelers in die waardeketting uit om deel te wees van die proses. “Saam kan ons verseker dat die organisasie deur produsente, vir produsente, bly fokus op die ware brandpunte in die bedryf.”

OFM Agri

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.