On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landbou vergesel LUR’e op grensbesoek

───   10:22 Sun, 15 Sep 2024

Vrystaat Landbou vergesel LUR’e op grensbesoek  | News Article
Boere in die Wepener-omgewing wys aan die LUR’e die gevolge van brandstigting deur Lesotho-burgers. Foto verskaf

“Vrystaat Landbou het die LUR’e ingelig oor die uitdagings waarmee boerderygemeenskappe langs die grens te kampe het.”

Vrystaat Landbou (VL) hoop op spoedige optrede van die LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, sowel as die LUR vir landbou, ná hul besoek aan misdaadbrandpunte langs die Lesotho-grens vandeesweek (10-12/9).

Die besoek het dorpe soos Zastron, Vanstadensrus, Wepener, Hobhouse, Ladybrand, Clocolan, Ficksburg, Clarens, Fouriesburg en gebiede in Qwaqwa ingesluit. VL het die LUR’e ingelig oor die uitdagings waarmee boerderygemeenskappe langs die grens te kampe het.

Die Caledonrivier word dikwels onwettig oorgesteek. Foto verskaf

Dr. Jane Buys, veiligheidsrisikoanalis van VL, het die LUR’e vergesel en bevestig dat inligtingsessies deur geaffekteerde boerderygemeenskappe aangebied is oor die probleme wat met oorgrensmisdaad gepaardgaan. Hierdie probleme sluit vee- en weidingsdiefstal, brandstigting en diefstal van trekkers, implemente en soutlekke in.

Daarbenewens word plaasprodukte, trekkers en koperkabels gesteel, en besproeiingstelsels en kripbakke word beskadig. “Onwettige deurgangsroetes vir Basotho’s dra verder tot hoë misdaadvlakke by.”

Die toestand van grenspaaie tussen Suid-Afrika en Lesotho word uitgewys. Foto verskaf

Biosekuriteit en die oordrag van dieresiektes weens die gebrek aan heinings en kwarantynfasiliteite is ook bespreek. “Die verhuring van grond en weiding aan Basotho-boere, asook die groot getalle Basotho’s wat onwettig in die land is, is deur alle boerderygemeenskappe as dringende sake uitgewys.”

Dr. Buys het ook beklemtoon dat die gebrek aan selfoonontvangs ’n geweldige groot probleem vir boerderygemeenskappe langs die grens is. 

“Al hierdie uitdagings sal in ’n verslag vervat word, waarin kort- en mediumtermyn-aksieplanne geformuleer gaan word vir daadwerklike ingryping deur nasionale departemente op provinsiale vlak,” het Buys gesê.

Verklaring verskaf cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.