On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

International

Topdiplomaat in Dubai herroep oor visum-bedrogspul

───   05:46 Mon, 26 Aug 2024

Topdiplomaat in Dubai herroep oor visum-bedrogspul | News Article
Tsepo Lebona. Foto verskaf

“Inbrake by sy kantoor was glo deel van ’n wydlopende skema om visums aan burgers van die Verenigde Arabiese Emirate te verkoop.”

’n Hooggeplaasde Suid-Afrikaanse diplomaat in Dubai is herroep omdat hy na bewering ’n skema bedryf het wat visums in dié land verkoop het.

In ’n ondersoek is bevind konsul-generaal Tsepo Lebona het na bewering inbrake by sy kantoor georkestreer as deel van ’n uitgebreide skema om visums aan burgers van die Verenigde Arabiese Emirate te verkoop.

Fluitjieblasers het binnelandse sake en internasionale betrekkinge gewaarsku oor die beweerde veiligheidsoortredings, sê Chrispin Phiri, woordvoerder van die ministerie van internasionale betrekkinge. Die ondersoek is in ’n voorlopige stadium.

“Ons kan bevestig, gegrond op die bevindinge van die voorlopige ondersoek, is die konsul-generaal na Suid-Afrika herroep en hy sal belangrike vrae in hierdie ondersoek moet beantwoord,” sê Phiri.

OFM Nuus cg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.