On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Noord-Kaap: 2024/25 Landboubegroting groei 1,7%

───   05:00 Thu, 12 Sep 2024

Noord-Kaap: 2024/25 Landboubegroting groei 1,7% | News Article
Noord-Kaapse LUR vir Landbou, Mase Monapole, lewer haar begrotingsrede in die Wetgewer in Kimberley. Foto: Facebook

LUR Monapole het benadruk dat landbou en die omgewing die ruggraat van lewensonderhoud en voedselsekerheid in die provinsie is.

In haar 2024/25-begrotingsrede het Mase Monapole, LUR vir Landbou, omgewingsbewaring en natuurlewe in die Noord-Kaap, Dinsdag (10/9) in Kimberley aangekondig dat die departement ’n totale bedrag van R718,977 miljoen toegeken is. 

Dit verteenwoordig ’n verhoging van 1,7% in vergeleke met die vorige begroting. Die begroting sal voortaan oor die mediumtermyn bly groei tot R799,374 miljoen, teen ’n gemiddelde koers van 4,2%.

Die begroting sluit ook die finansiering van vier voorwaardelike toelaes in, wat saam R189,861 miljoen vir die 2024/25-boekjaar beloop. Hierdie voorwaardelike toelaes beslaan ongeveer 26% van die totale begroting vir die departement, wat hul kritieke rol in die finansiering van landbouprogramme onderstreep.

Toekennings per program:

  • Program 1: Administrasie – R215,335 miljoen (30%)
  • Program 2: Volhoubare Hulpbronnebestuur – R34,278 miljoen (5%)
  • Program 3: Landbouprodusent-ondersteuning en -ontwikkeling – R225,269 miljoen (31%)
  • Program 4: Veeartsenykundige Dienste – R53,189 miljoen (7%)
  • Program 5: Navorsing en Tegnologiese Ontwikkelingsdienste – R65,907 miljoen (9%)
  • Program 6: Landbou Ekonomiese Dienste – R13,230 miljoen (6%)
  • Program 7: R27,807 miljoen (4%)
  • Program 8: Omgewings- en Natuurbewaring – R83,964 miljoen (12%)

LUR Monapole het benadruk dat landbou en die omgewing die ruggraat van lewensonderhoud en voedselsekerheid in die provinsie is. Die departement se prioriteite sluit in die aanpak van voedselonsekerheid en die verbetering van voeding, veral deur die bevordering van bestaans- en slimboerderypraktyke.

Sy het haar toewyding bevestig om die doelwitte van die Jaarlikse Prestasieplan vir 2024/25 na te kom en het verseker dat die departement sy bes doen om voedselproduksie en omgewingsbewaring in die Noord-Kaap te bevorder.

OFM Agri cg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.