On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Trekker- en stroperverkope daal verder in Augustus

───   09:23 Tue, 10 Sep 2024

Trekker- en stroperverkope daal verder in Augustus | News Article
Foto: Getty Images

Huidige ramings dui daarop dat trekkerverkope teen die einde van die jaar tussen 20% en 25% laer sal wees as verlede jaar se verkope.

Die plaaslike landboutoerustingbedryf het in Augustus ’n merkbare afname in verkope ervaar. Statistieke toon dat 574 trekkers verkoop is, wat 18% minder is as die 697 eenhede wat verlede Augustus verkoop is. Stroperverkope het ook skerp gedaal, met net vyf eenhede wat in Augustus vanjaar verkoop is, vergeleke met 24 verlede jaar – ’n afname van 79%.

Tot dusver in 2024 is trekkerverkope sowat 25% minder as verlede jaar, terwyl stroperverkope ’n daling van 64% toon.

“Soos voorspel, beweeg die algehele mark na ’n meer realistiese vlak ná drie jaar waarin jaarlikse trekkerverkope meer as 7 500 eenhede beloop het,” vertel Willie Human, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie.

‘Omstandighede sal uiters mededingend wees’

Verskeie faktore beïnvloed tans besluite oor aankope. “Sentiment in die mark, hoewel optimisties, toon ook ’n sterk mate van omsigtigheid,” verduidelik Human verder.

Die korttermynvooruitsigte bly uitdagend, veral met mededingende pryse en voorraadprobleme. “Omstandighede sal uiters mededingend wees ten opsigte van pryse en beskikbaarheid van voorraad,” het Human bygevoeg.

Volgens Human dui huidige ramings daarop dat trekkerverkope teen die einde van die jaar tussen 20% en 25% laer sal wees as verlede jaar se verkope.

OFM Agri cg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.