On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Agri Noord-Kaap kongres fokus op volgende geslag landbouers

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Wed, 21 Aug 2024

Agri Noord-Kaap kongres fokus op volgende geslag landbouers | News Article
Die tema van die kongres is om na die toekoms van landbou op verskeie vlakke te kyk, met spesifieke fokus op hoe boerderyondernemings van geslag tot geslag oorgedra kan word. Foto: iStock

“Sukses van landbou in die Noord-Kaap hang af van hoe ons dit besorg aan die volgende geslag.”

Die Agri Noord-Kaap jaarkongres begin hierdie Woensdag (21/8) in Kimberley, en die verwagtinge is hoog vir wat as een van die belangrikste byeenkomste vir landbouers in die streek beskou word.

Willem Symington, pres. Agri Noord-Kaap, beskryf vanjaar se kongres as ’n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie.

“Die tema van die kongres om na die toekoms van landbou op verskeie vlakke te kyk, met spesifieke fokus op hoe boerdery ondernemings van geslag tot geslag oorgedra kan word. In landbou is daar soveel pragtige suksesverhale en wag daar ’n blink toekoms vir mense in die bedryf.

‘Dit is belangrik om ’n bydrae tot die hele land te maak’

“Met die kongres hoop ons om kennis hieroor uit te ruil. Dit is waar die toekoms van ons landbou lê.”

Symington het verder verduidelik dat die kongres ook sal fokus op hoe Agri Noord-Kaap en sy lede relevant kan bly in die Suid-Afrikaanse samelewing. Hy het benadruk dat dit belangrik is om nie net die belange van mense in die landbou te beskerm nie, maar om ook ’n bydrae tot die hele land te maak.


Met betrekking tot die huidige stand van landbou in die Noord-Kaap, het Symington enkele uitdagings uitgelig wat landbouers in die streek ervaar. “Daar is ’n paar ekonomiese faktore wat veroorsaak het dat landbouers se winsmarges ernstig krimp.”

Hy het ook kommer uitgespreek oor die veebedryf, veral gegewe die onsekere klimaatstoestande en die invloed daarvan op boere se finansiële situasie.

Symington verduidelik verder die kongres is nie net ’n geleentheid om die wetlike verpligtinge van die organisasie na te kom en ampsdraers te verkies nie, maar ook ’n platform is om kennis te deel en die toekoms van landbou te vier. “Ons gebruik dit ook so bietjie as ’n spoggeleentheid; om vir mense te sê: ‘Kyk wat doen landbou binne in die Noord-Kaap’.”

‘Ons gaan landbou vier in ons provinsie hierdie volgende paar dae’

Afgevaardigdes kan uitsien na insiggewende sprekers en die geleentheid om waardevolle netwerke te bou. Symington het ook daarop gewys dat, danksy tegnologie, diegene wat nie die kongres fisies kan bywoon nie, steeds kan inskakel en aanlyn deelneem.

Vir diegene wat wel op pad is, het Symington ’n laaste boodskap: “Ons gaan lekker hard werk, ons gaan konstruktief vir ons besig hou, maar ons gaan ook landbou vier in ons provinsie hierdie volgende paar dae.”

OFM Agri/Robyn Schutte mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.