On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Bevoegdheidsgebaseerde kurrikulum verseker toekoms van landbouvoorligters

───   05:00 Thu, 21 Dec 2023

Bevoegdheidsgebaseerde kurrikulum verseker toekoms van landbouvoorligters | News Article
Foto: Getty Images

“Sewentig persent van die kurrikulum is baie tegnies gefokus, en daar is niks daarmee fout nie, maar wat van die student wat nie op plase grootgeword het?

’n Bevoegdheidsgebaseerde kurrikulum is nodig om landbouvoorligters beter voor te berei op vir hul voorgenome beroepsveld.

Lindie von Maltitz, lektor in die Department Landbou-ekonomie aan die Natuur- en Landbouwetenskapfakulteit aan die Universiteit van die Vrystaat, het onlangs haar doktorsgraad ontvang vir haar navorsing oor die toekoms van landbouvoorligters.

OFM Agri se Robyn Schutte het met haar gepraat:

Die navorsing is gedoen deur middel van ontledings van twee studies, waarna die gapings in die landboukurrikulum geïdentifiseer en ook maniere voorgestel is om dié gapings te oorbrug.

Haar eerste studie het gehandel oor die identifikasie van vaardighede en bevoegdhede waaraan landbouvoorligters moet voldoen om te floreer in hedendaagse werkplekke.

Die tweede studie was toegespits op die kurrikulum en die gapings daarin waar ’n gebrek aan die onderrig van hierdie vaardighede en bevoegdhede bestaan.

‘Wat van die student wat nie op ’n plaas grootgeword het nie?’

Benewens die aanleer van mensevaardighede en hoe om tegnologie in landboubedrywe toe te pas het haar navorsing ook groot leemtes in praktiese ervaring gedurende voorgraadse studie aan die lig gebring.

“Sewentig persent van die kurrikulum is baie tegnies gefokus, en daar is niks daarmee fout nie, maar wat van die student wat nie op plase grootgeword het of die geleentheid het om praktiese ervaring buite klasverband op plase te kan opdoen nie?”

Von Maltitz, wat tussen Ficksburg en Clocolan saam met haar man, Friedl, met vleisbeeste boer, sê haar ervaring as boer is deurslaggewend in haar navorsing en werk as lektor. “Ek sê altyd vir my studente, ek kan hulle leer wat om te doen, maar ook wat om nie te doen nie.

“Dit is die verantwoordelikheid van tersiêre instansies om ons studente effektief voor te berei,” sê Von Maltitz. 

Sy hoop om elke vyf jaar ’n studie te doen oor wat verwag word van landbouvoorligters om dan so te verseker dat sy ’n bevoegdheidsgebaseerde kurrikulum kan volhou en sodoende landbouvoorligters beter voor te berei op hul voorgenome bedryf.

OFM Agri/Robyn Schuttedg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.