Agriculture
Helfte van Boer Soek ’n Vrou se deelnemers van Sentraal-Suid-Afrika – FOTO'S─── ELSABÉ RICHARD 14:00 Tue, 31 Oct 2023
“Kykers sal dan die boere se liefdesreis kan volg en oudergewoonte sal die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.”
Drie Vrystaatse boere, ’n Noord-Kapenaar en een boer uit Noordwes is onder 2024 se deelnemers aan die 16de seisoen van Boer Soek ’n Vrou.
Onder die top-tien boere is daar twee vroue-boere, van wie een ’n Vrystater is.
Marciel Hopkins, aanbieder van dié gewilde maatsoekreeks, deel dat dit vir haar elke jaar 'n voorreg is om verskillende boere te ontmoet, en van die begin te sien hoe die liefde tussen die paartjies blom.
Sy gaan vir ’n vierde keer die reeks aanbied.
Marciel Hopkins gedurende een van die Boer Soek 'n Vrou-episodes. Foto verskaf
Die 16de seisoen van Boer Soek 'n Vrou sal van Julie 2024 op kykNET uitgesaai word.
"Kykers sal dan die boere se liefdesreis kan volg en oudergewoonte sal die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het."
Ontmoet die top-tien boere/Verskaf.
Die gewilde liefdesbriewe
Diegene wat teen 30 November aan een van die boere wil skryf, moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee of wewenaar. Digitale inskrywings, vergesel deur video's word ook verwelkom.
Stuur briewe of pakkies per koerier vir die boere só:
- Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129
- Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130
Om die boere beter te leer ken kan belangstellendes:
- www.kyknet.tv besoek;
- Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER;
- Bel die vervaardigers, Wolflight by 079 614 2229; of
- Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com