International
New Orleans-aanvaller het hulp gehad – FBI─── 08:26 Thu, 02 Jan 2025
Die verdagte in die New Orleans-aanval wat 15 mense vermoor het toe sy bakkie tydens Nuwejaarsvieringe in ’n skare ingeploeg het, het nie alleen opgetree nie, meen Amerikaanse ondersoekers.
Shamsud-Din Jabbar (42), ’n Amerikaanse burger, het vroeg Woensdagoggend met ’n bakkie in die skare mense in Bourbonstraat, New Orleans, ingejaag voordat hy op die polisie begin skiet het. Beamptes het hom doodgeskiet.
Die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) het die verdagte geïdentifiseer as ’n Texas-man en weermagveteraan. Verskeie amptenare het gesê hy het ’n reeks video-opnames voor Woensdag (1/1) se aanval gemaak waarin hy gesê het dat hy by Isis aangesluit het.
Minstens 15 mense is dood en tientalle is in die aanval beseer. Die speurdiens sê ’n vlag van die Islamitiese Staat is in die voertuig gevind wat hy bestuur het, terwyl twee ploftoestelle daar naby gevind is.
#NOPD responds to deadly vehicle crash that occurred in the early hours today on Bourbon Street involving multiple fatalities & injuries. Suspect declared deceased on scene. @FBINewOrleans leading investigation. MORE INFO: https://t.co/EigDVzLaUe pic.twitter.com/uFDiaci7PY
— New Orleans Police Department (@NOPDNews) January 1, 2025
Die FBI-agent Alethea Duncan sê die agentskap glo nie Jabbar is “alleen verantwoordelik” nie en ondersoek die voorval as ’n “daad van terrorisme”.
In nog ’n voorval dieselfde dag het ’n Tesla Cyber Truck buite ’n hotel in Las Vegas ontplof wat aan die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, behoort. Minstens een persoon is dood en sewe is beseer, sê die polisie.
Die elektriese voertuig – vervaardig deur die maatskappy wat deur Trump-ondersteuner Elon Musk besit word – het voor die Trump International Hotel se glasingang parkeer voor ’n "groot ontploffing”, het die balju van Las Vegas, Kevin McMahill, aan verslaggewers gesê.
NEW: Video shows Tesla Cybertruck explosion at the Trump Hotel in Las Vegas. No word yet on the cause pic.twitter.com/tR9UabrsH4
— BNO News (@BNONews) January 1, 2025
Videomateriaal wys hoe die voertuig van vlekvrye staal by die hotelingang geparkeer is voordat dit in vlamme uitbars, gevolg deur kleiner ontploffings soos vuurwerk.
McMahill het gesê een persoon het in die voertuig gesterf, terwyl sewe mense ligte beserings opgedoen het. Die hotel is ontruim. Tydens ’n latere nuuskonferensie het hy gesê die agterkant van die voertuig het petrol- en kampeerbrandstofhouers, sowel as “groot vuurwerkmortiere” bevat.
McMahill het ook gesê die soort voertuig “het die skade regtig beperk … want die grootste impak van die ontploffing was opwaarts”. Die hotel se glasdeure, net ’n paar meter daarvandaan, is nie eens deur daardie ontploffing gebreek nie.”
Shamsud Din Jabbar was able to plow onto Bourbon Street from Canal Street in New Orleans, in his pickup truck with an ISIS flag, because the steel barriers weren’t raised.
— Paul A. Szypula ???? (@Bubblebathgirl) January 1, 2025
Government officials need to be fired and indicted for this gross incompetence.pic.twitter.com/aMHmA05aLT
Pres. Joe Biden sê volgens die BBC beamptes ondersoek enige verband tussen die Las Vegas-ontploffing en die aanval vroeër Woensdag in New Orleans, maar tot dusver kan die twee voorvalle nie met mekaar in verband gebring word nie.
Die FBI en plaaslike wetstoepassers het gesê hulle glo die Tesla-ontploffing was ’n geïsoleerde voorval, maar hulle ondersoek of dit moontlik ’n terreurdaad was.
Wetstoepassers het volgens die FBI begin om ’n woning in Houston te deursoek wat hulle glo met die vermeende New Orleans-aanvaller verbind word. Niemand is in hegtenis gemeem nie en beamptes sal volgens die FBI nog ’n rukkie op die toneel bly.
Woonbuurt ontruim
Die FBI het vroeër gesê wetstoepassers wag op federale magtiging om die huis te betree en te deursoek, berig CNN. Hulle het ook mense van die woonbuurt uit die gebied begelei.
Die FBI-reaksiespan verwerk intussen ook bewyse wat op die toneel van die aanval in New Orleans gevind is en “beplan om die Bourbonstraat-misdaadtoneel binnekort aan plaaslike wetstoepassers te oorhandig,” sê die federale speurdiens in ’n aparte verklaring.
Moontlike verband ondersoek
Biden het gesê beamptes ondersoek “enige moontlike verband tussen die twee aanvalle”. Niks kan nog hieroor bekendgemaak word nie.
Die FBI-agent Jeremy Schwartz beskryf die ontploffing in Las Vegas as “’n geïsoleerde voorval”. Hy sê ’n gesamentlike taakspan stel ondersoek in met twee hoofdoelwitte – om die identiteit van die verdagte wat by hierdie voorval betrokke was, te bevestig en om te bepaal of dit terrorisme was of nie.