On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Wat is nuut in Farmer's Weekly?

───   ELSABÉ RICHARD 08:52 Fri, 20 Oct 2023

Wat is nuut in Farmer's Weekly? | News Article
Foto: Pexels/Prakash Aryal

Die hoofdoel van die konferensie was om ’n "Beyond 2020" chemikalieë en afval globale beleidsraamwerkinstrument aan te neem.

Die aanvaarding van die raamwerk wat daarop gemik is om hoogs gevaarlike plaagdoders in die landbousektor uit te faseer, is deur die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, verwelkom.

Hierdie raamwerk is aanvaar tydens die vyfde sessie van die Internasionale Konferensie oor Chemiese Bestuur wat in Duitsland gehou is.

Die hoofdoel van die konferensie was om 'n "Beyond 2020" chemikalieë en afval globale beleidsraamwerkinstrument aan te neem.

Sy hoofdoelwit is om hoogs gevaarlike plaagdoders in die landbou teen 2035 uit te skakel, veral waar risiko onbestuur bly en veiliger alternatiewe beskikbaar is.

Uitvoer vanaf die Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou se veeartsenykundige dienste het 'n innoverende aanlynstelsel, die Uitvoersertifikaatkantoorstelsel (ECOS) bekend gestel, om voldoening in Suid-Afrika se voedsel- en diereproduktebedryf te verbeter.

ECOS vereenvoudig die uitvoerproses deur standaardvorms beskikbaar te stel wat aan die vereistes van invoerlande voldoen, om sodoende voldoening aan internasionale standaarde te verseker en produknasporing na die betrokke plase moontlik te maak vir deursigtigheid regdeur die voorsieningsketting.

Dr. Ivan Meyer, provinsiale minister van landbou, het ECOS geloof as 'n platform wat daarna streef om staatsdienste te verbeter en 'n 24-uur-uitvoerfasiliteringdiens bied wat die uitvoersertifikaat-aansoekproses aansienlik verminder van dae tot minute.

Met die Wes-Kaap wat reeds 55% van Suid-Afrika se primêre landbouprodukte uitvoer, sal ECOS na verwagting bydra om hierdie syfer tot 60% te verhoog en 22 000 nuwe werksgeleenthede te skep.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.