On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Bees van die week - Braunvieh

───   ELSABÉ RICHARD 15:00 Thu, 19 Oct 2023

Bees van die week - Braunvieh | News Article
Braunvieh SA se beeste was by NAMPO ALFA.

“Daar is aantekeninge van die Braunvieh’s 800 jaar voor Christus. So, dis een van die mees suiwer rasse wat daar in die wêreld is, en ook in Suid-Afrika."

Die Braunvieh is 'n uitstekende ras om te gebruik vir kruisteel.

Só het André Reitsma van die genootskap Braunvieh SA onlangs by NAMPO ALFA 2023 gesê.

Die genootskap het die ras ten toon gestel wat met ‘n Brahman gekruisteel is by NAMPO Park buite Bothaville.

André Reitsma van Braunvieh SA staan trots agter twee van hul beeste by NAMPO ALFA 2023.

“Die Braunvieh’s het ‘n kenmerkende kleur. Die bulle [is donker van kleur], die koeie is ligter. As die kalfies gebore word, baie interessant, dan is hulle spierwit.

“Daar is aantekeninge van die Braunvieh’s 800 jaar voor Christus. So, dis een van die mees suiwer rasse wat daar is in die wêreld en ook in Suid-Afrika.

“[Hulle] kom hoofsaaklik van die Alpine af en hulle het baie goeie stapvermoë,” vertel Reitsma.

Hy deel verder dat die Braunvieh’s ook bekend is vir hul vrugbaarheid en goeie aanpasbaarheid in enige klimaat.

Die Braunvieh is aanvanklik geteel om 50% vleis en 50% melk te hê, maar word deesdae geteel vir 60% vleis en 40% melk.

Hoewel melk met 10% verminder is, sê Reitsma, is die “kalwers wat hulle speen steeds uitstekend – 240kg tot 280kg.”

Vir meer oor die Braunvieh-beesras klik hier.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.