On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Rondloperdiere hou gevaar vir motoriste in

───   ELSABÉ RICHARD 10:45 Wed, 26 Apr 2023

Landbounuus-podcast: Rondloperdiere hou gevaar vir motoriste in | News Article
FOTO: Dmitry Zvolskiy/Pexels.

Die DA in die Trompsburg-gebaseerde Kopanong munisipaliteit in die Vrystaat sê dit is bekommerd oor die toenemende gevare wat rondloperdiere inhou vir motoriste.

Raadslid Estelle Noordman sê in die afgelope weke was daar verskeie voorvalle van vee wat op besige paaie gedwaal het, wat ongelukke veroorsaak en menselewens in gevaar gestel het.

Vrystaat Landbou waarsku dat al meer veediewe hul lewe kan verloor as veiligheidsagentskappe nie hul Grondwetlike verpligting nakom nie. Vroeër vandeesmaand by Hobhouse is ‘n vermeende veedief, wat opkomende boere geteiken het, so erg deur gemeenskapslede aangerand, dat hy later aan sy beserings beswyk het. Die organisasie se president, Francois Wilken, sê opkomende- en bestaansboere kla al jare, hul ly groot verliese en oor polisiebeamptes se betrokkenheid by veediefstal.

'n 52 jarige man is in Richmond in die Noord-Kaap tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy in Julie verlede jaar inhegtenis geneem is vir veediefstal. Polisiewoordvoerder Timothy Sam sê John Bamm het 48 stuks Rooibosveldt vee van meer as R750 000 gesteel op 'n plaas in die distrik.  

Trekkerverkope vir die jaar tot dusver is byna 3% minder as verlede jaar. Die SA Landboumasjinerieassosiasie sê byna 680 trekkers is verlede maand verkoop, 6% meer as die eenhede in Maart verlede jaar. Verwagtinge is dat trekkerverkope, hoewel dit laer sal wees as verkope in 2022, min of meer sal ooreenstem met 2021 se tussen 7 500 en 8 000 eenhede.

EN 

Dis amper tyd vir Bloemskou wat vanjaar sy 140ste bestaansjaar vier. Dié Sentraal-Suid-Afrikaanse landbou-tentoonstelling begin Donderdag vir 10 dae tot 6 Mei. Uitvoerende hoof Elmarie Prinsloo sê hulle sien uit daarna om die publiek op die Bloemskou-terrein te verwelkom.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.