On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Fri, 10 Feb 2023

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO: Mark Stebnicki/Pexels.

Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem vir die moord op 'n 74-jarige boer van Noordwes nie.

Johan Bekker is Donderdagoggend op sy kleinhoewe in Vyfhoek by Potchefstroom vermoor. Volgens die polisie het vier mans, wat glo op die kleinhoewe werk, Bekker verwurg en daarna na die huis gegaan - waar hulle die huishulp gedreig en sy 70-jarige vrou vasgebind het. Die verdagtes het weggekom in die egpaar se Mercedes-nutsvoertuig. Die ondersoek duur voort.

Saffraan, oftewel rooi goud, is die duurste spesery ter wêreld teen sowat R250 000/kg. Dié prag-persblommetjies word nou in Die Noord-Kaap tussen Williston en Calvinia geplant en geoes deur ‘n kranige saffraanprodusent, Bennie Engelbrecht. Hy sê dis redelik arbeidsintensief om dié speserty te oes. Saffraan word wêreldwyd gebruik as onder meer 'n spesery, voedselkleursel en in medisyne. Engelbrecht sê dis 'n eer om dié uitsonderlike plant te verbou.

Suid-Afrika staan voor ‘n moeilike ekonomiese tydperk en boere moet groot aanpassings maak om suksesvol te produseer. Landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, is bekommerd dat boere minder sal produseer as insetkoste te veel styg, en dit nie meer ekonomies volhoubaar is om te produseer nie.

EN

Gereelde diefstal van kragkabels, koperpype, sonpanele en transformators belemmer boere se vermoë om voedsel te produseer. Die Vryheidsfront Plus se Marcelle Maritz sê vir boere by Mara, Alldays, Mogwadi en Waterpoort in Limpopo is boerdery ’n haas onbegonne taak weens voortdurende diefstal. Sy sê dit help skaars om sake aan te meld, want dit word eenvoudig nie opgelos nie. Polisiekantore op dié dorpe het blykbaar boonop 'n tekort aan voertuie en mannekrag om diefstalle te ondersoek. Maritz sê hulle sal nie toekyk hoe voedselsekerheid bedreig word weens misdadige aktiwiteite wat boere op hul knieë dwing nie.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.