On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Gerben
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Kommer dat hoenders nie geslag kan word indien fase 6 voortduur

───   ELSABÉ RICHARD 08:34 Tue, 24 Jan 2023

Kommer dat hoenders nie geslag kan word indien fase 6 voortduur | News Article
FOTO: South African Poultry Association/Facebook.

Abattoirs is geweldig afhanklik van krag en bykomende uitgawes moet nou aangegaan word om kragopwekkers en diesel te bekom.

Die pluimveebedryf kan fase 2-beurtkrag beter hanteer in vergeleke met fase 6, wat 'n groot probleem inhou, omdat hoenders 24 uur ‘n dag geslag moet word. 

LEES OOK: Beurtkrag noop besproeiingsprodusente om Eskom van risiko’s in te lig - KYK

Die algemene bestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPA) se braaikuiken-organisasie, Izaak Breytenbach, waarsku dat wanneer tussen 6 en 10 ure per dag verlore gaan, en dit vir ‘n week lank voortduur, is daar nie naweke tyd om die hoenders te slag nie.

Hy voorspel dat beurtkrag nog ‘n realiteit sal bly vir die afsienbare toekoms en dat die bedryf daarvoor gerat moet wees.

“Al wat ons kan doen, is om diesel-kragopwekkers te installeer om te probeer om al hierdie hoenders geslag te kry wanneer daar geweldige beurtkrag plaasvind.”

Verliese weens beurtkrag

Breitenbach verduidelik dat gedurende Desember en Januarie het dit die bedryf sowat 75c/kilogram hoendervleis gekos aan diesel, kragopwekkers en ander maatreëls wat in plek gestel is om bedrywighede tydens beurtkrag aan die gang te hou.

LEES OOK: Voedselprysstygings op die kaarte weens kragonderbrekings

“Dan het ons ook verliese met hoenders wat op die plaas bly. Hulle is veronderstel om geslag te word. Nou eet hulle nog verder voer en dit veroorsaak ook ‘n verlies.

“Al hierdie faktore saam is omtrent 75c/kilogram,” vertel Breitenbach.

Impak op verbruikers

  • Hy deel dat indien Suid-Afrika weer hoë fases van beurtkrag ervaar, sal dit veroorsaak dat hoenders nie geslag kan word nie. In Desember het kitskos-restaurante aangekondig dat hulle hul deure gaan sluit weens beurtkrag en die impak wat dit op die verskaffing van vleisprodukte het.
  • Breitenbach beklemtoon dat uitgawes nou aangegaan word deur diesel aan te skaf vir kragopwekkers en dat hulle aan die einde van die dag “hierdie 75 sent per kilogram aan die verbruiker moet deurgee".

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.