On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Voedselprysstygings op die kaarte weens kragonderbrekings

───   ELSABÉ RICHARD 09:08 Mon, 23 Jan 2023

Voedselprysstygings op die kaarte weens kragonderbrekings | News Article
FOTO: Verskaf deur GWK.

Noord-Kaapse besproeiingsboere het die afgelope weke die uitdagings van beurtkrag – om gewasse voldoende te besproei – met Suid-Afrika gedeel.

Dit het die vraag laat ontstaan of Suid-Afrika dalk 'n voedseltekort in die gesig staar.

Die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, sê daar is ontstellende syfers ten opsigte van skade wat besproeiingsprodusente ly. Hy waarsku dat indien die ergste sou gebeur en produsente 'n totale misoes sou ervaar, sal die hoë insetkoste veroorsaak dat hierdie bedrag astronomies is, dat selfs die banke in Suid-Afrika nie die vermoë sal hê om dit te herfinansier nie.

LEES OOK: Beurtkrag noop besproeiingsprodusente om Eskom van risiko’s in te lig - KYK

Nog ‘n uitdaging wat die beurtkrag tot gevolg het, sê Jansen, is dat “indien jy byvoorbeeld met ‘n aartappeloes, wat R250 000 tot R280 000 kos om in te sit, met ‘n grondwaarde van R350 000, só ‘n oes in totaliteit verloor, dan is daar geen kollateraal of genoeg batewaarde om daardie verlies te herfinansier nie."

LEES OOK: ‘Nersa se tariefverhoging baie slegte nuus vir landbou’

Jansen waarsku ook dat indien die beurtkrag voortduur, kan voedseltekorte 'n realiteit word, en dat prysstygings beslis op die kaarte is. Hy verduidelik dat daar moontlik nou ‘n versterking in vraag en aanbod gaan wees.

“Die aanbod begin afneem vanweë die minder groente en vrugte wat op die markte beskikbaar is. Verder word dit vererger deur die verkorte raklewe, omdat die kouekettings nie koud gehou kan word nie en vrugte en groente moet vinniger weer vervang word.”

Stapelvoedsel

Jansen verduidelik dat sowat 18% van die mielies onder bespoeiing geel is en vir voeding vir diere sal gebruik word. Daarmee saam is 50% van die plaaslike koring onder besproeiing, terwyl 50% van die koring ingevoer word.

Die Rusland/Oekraïne-oorlog het egter ‘n negatiewe impak op die uitvoer van koring by die Swartsee-hawe.

“Ek dink nie [daar is] ‘n onmiddellike risiko vir voedseltekorte nie, maar vir verliese in die sektor wat onomkeerbaar is, is daar ‘n wesenlike risiko.”

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.