On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Fri, 13 Jan 2023

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article

Die ongereelde implementering van beurtkrag het ‘n groep Noord-Kaapse besproeiingsprodusente genoop om ‘n video uit te reik om Eskomse hoofde in te lig van die risiko’s wat dit inhou vir oeste onder besproeiing.

‘n Boer van Douglas, Jaco Cilliers, vertel produsente en hul werkers moet ekstra ure werk met dié dat krag enige tyd van die dag of nag aan- en afgeskakel word. Cilliers waarsku as beurtkrag soos die laaste tyd voortduur óf vererger, kan besproeiingsboere by hulle oesverliese van 50 tot 60% ly.

Ná maande van swaar reën oor dele van die land weens die La Niña-verskynsel, toon weervooruitsigte dat droër toestande moontlik vanaf die middel tot die einde van die eerste kwartaal kan voorkom. Onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg, deel dat baie min reën tot 15 Januarie verwag kan word. Weervooruitsigte toon ook dat dit die warmste week vir die jaar gaan wees.

Gemmerpryse het weer onlangs begin herstel. 'n Markagent vir Grow Fresh in Johannesburg, Lizelle van Aswegen, sê pryse vir gemmer, wat bekend is vir sy medisinale eienskappe en as 'n spesery, is beïnvloed deur die Covid-19-pandemie én die hoeveelheid wat beskikbaar is op die mark weens die groot getal produsente wat dit begin aanplant het...

EN

Die groeisyfers vir 2022 moet nog bekend gemaak word en sal 'n geheelbeeld gee van hoe die landbousektor gevaar het ná twee jaar van stewige groei. Die hoof landbou-ekonoom by Agbiz, Wandile Sihlobo, sê egter die Suid-Afrikaanse landbousektor sal waarskynlik 'n swak begin in 2023 hê, en dat die bruto toegevoegde waarde vir landbou vir 2022 waarskynlik 'n ligte inkrimping sal toon. Wat 2023 betref, sê Sihlobo die agteruitgang van munisipaliteite kan 'n sleutelbespreking in die landbousektor wees.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.