On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

Boere in Ficksburg-omgewing ervaar uitdagings tydens strooptyd

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 29 Jun 2022

Boere in Ficksburg-omgewing ervaar uitdagings tydens strooptyd | News Article

Sommige boere van die Ficksburg-omgewing in die Vrystaat ervaar tans uitdagings met stropery weens lande wat nog nat is ná voortdurende reënval die afgelope maande.

Sien onderstaande PODCAST

Die vise-president van Vrystaat Landbou, Friedl von Maltitz, sê stopers en lorries sit in die nat grond vas, wat die stroopproses bemoeilik.

Hy voeg by dat die vertraging in die stoopproses daartoe kan lei dat van die mielies droeër word, wat veroorsaak dat boere op hierdie manier “bietjie gewig verloor”. Daar bestaan ook ‘n moontlikheid dat mielies afgegradeer word na onder meer voergraad omdat dit langer op die land gelos is.

Boere kan ook geld verloor omdat hulle minder betaal word vir die laer graad mielies, maar Von Maltitz is hoopvol dat meeste boere hulle mielies betyds sal kan stroop.

 

(Bron: Vrystaat Landbou/Facebook)

Toestand van paaie weens reën

OFM-nuus het in 2021 berig dat die gemeenskap van Ficksburg betoog het teen die toestand van teer- en grondpaaie.

Inwoners het betoog teen die toestand van die R26-pad wat strek van Ladybrand na onder meer Bethlehem.

LEES OOK: Boere en ander sluit paaie na Ficksburg

Von Maltitz het beklemtoon dat die toestand van paaie haglik is en dat dit ‘n risiko vir padgebruikers inhou.

Die toestand van paaie in dié omgewing is egter steeds in ‘n haglike toestand.  

“Die paaie is in teendeel net slegter. Dit blyk asof die provinsiale regering niks geld het om enige instandhouding op die paaie te doen nie. Al hulle toerusting staan óf stukkend óf sonder operateurs.

“Meeste boere word gedwing om die paaie self te skraap, om kontrakteurs te huur of van hulle eie toerusting te gebruik om die paaie te herstel sodat die vragmotors met graan by die silo’s kan uitkom.”


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.