On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Plant knoffel dié Februarie-maand

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 02 Feb 2022

Plant knoffel dié Februarie-maand | News Article
Foto: Lets Grow Food (Facebook)

Die aroma van knoffel in ‘n kombuis is genoeg om ‘n knoffelliefhebber se sintuie wakker te maak, en wat is tog beter as om jou eie knoffel by die huis te kan groei?

Thabo Olivier, ‘n bekende voedselsekerheidsaktivis in Bloemfontein in die Vrystaat, groei al vir jare tuis groente en help graag mense om hul eie groentetuine te begin. Dit, in 'n poging om voedselsekerheid in gemeenskappe te help verseker. Hy was onlangs ook in Mosambiek waar hy 'n voedselsekerheidsinitiatief van stapel gestuur het.

LEES: Bfn food security activist on his way to Mozambique 

Olivier moedig inwoners aan om hierdie maand saam met hom knoffel te plant nadat hy sowat 65 000 Egiptiese Pienk knoffelsade ontvang het. Hierdie gaan sy eerste poging wees om knoffel tuis te plant. 

Diegene wat in die Mangaung/Bloemfontein-omgewing woon en ook van hierdie saad wil kweek, kan dit teen R1,00 per saad by Olivier koop.

Besoek die Lets Grow Food Facebook-blad vir meer inspirasie en groentewenke. Hier kan jy ook 'n boodskap stuur indien jy van die Egiptiese Pienk knoffelsaad wil koop.


Luister na die volledige onderhoud hier:



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.