On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Inspiration

Van 36 selfdoodpogings tot triomf: Johannes Wolfaardt vertel sy storie

───   11:25 Mon, 01 Jul 2024

Van 36 selfdoodpogings tot triomf: Johannes Wolfaardt vertel sy storie | News Article
Johannes en Annelle Wolfaardt. Foto: Facebook

“Die enigste dag wat my pa my nié geslaan het nie was op ’n Sondag.”

“Ek is mishandel, verkrag, verwerp, verlaat – maar God het ’n plan met my lewe,” vertel Johannes Wolfaardt, deesdae ’n 40-jarige motiveringspreker van Bloemfontein, wat sy lewensverhaal deel as ’n bewys van menslike veerkragtigheid.

Johannesse verhaal is een van ondenkbare trauma en pyn, maar ook van hoop, deursettingsvermoë en die wil om te oorleef.

Hy vertel sy lewe het onder ’n donker wolk begin. Sy pa, ’n gewelddadige en manipulerende man het selfs probeer om sy geboorte te voorkom. Hierdie vroeë trauma het ’n skaduwee oor sy kinderjare gewerp, gevul met mishandeling, verwaarlosing en pyn.

“Die enigste dag wat my pa my nié geslaan het nie was op ’n Sondag,” deel Johannes. Sy pad het nog ’n donkerder draai gevat toe hy as jong seun in verskeie pleeghuise geplaas is waar hy herhaaldelik mishandel en seksueel misbruik is.

Teen die tyd wat Johannes sy ma op 18 weer ontmoet het, was hy reeds diep getraumatiseerd. Haar skielike dood het hom in ’n vernietigende spiraal van depressie, drank- en dwelmmisbruik gedompel. Hy het 36 selfdoodpogings aangewend, desperaat om ’n uitweg te vind uit die oorweldigende pyn.

Johannes het Annelle, sy vrou, ontmoet wat sy steunpilaar en anker sou word. Met haar onwrikbare liefde en ondersteuning het hy die pad na genesing begin stap. Deur geloof, berading en die onblusbare vonk van hoop het Johannes sy lewe herbou.

Vandag is Johannes ’n motiveringspreker en berader wat sy storie deel as ’n baken van hoop vir diegene wat deur trauma en wanhoop gaan. Sy boek, Struggling Stains, is ’n kwesbare weergawe van sy ervarings en ’n testament van die menslike gees se vermoë om te oorwin.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.