On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Inspiration

Ruda Landman op The Joyride: 'Ek het van my beste werk by Carte Blanche gedoen'

───   16:18 Wed, 19 Jul 2023

Ruda Landman op The Joyride: 'Ek het van my beste werk by Carte Blanche gedoen' | News Article
Ruda Landman in gesprek met "Vertel my jou storie". Beeldkrediet: youtube.com/politysa

Nikki praat met die skrywer, joernalis en TV-aanbieder Ruda Landman. Ruda vertel ons van haar dae in die onderwys, in die weermag en hoe haar mediareis begin het.

Ruda Landman is op 18 November 1953 in Hartswater in die Noord-Kaap gebore en het in daar en in Keimoes grootgeword. Sy het tale aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Sy het eers vir Die Burger gewerk, in radio gewerk en was vir twee jaar onderwyseres voordat sy by  Sarie aangesluit het. In 1988 het sy by Carte Blanche aangesluit waar sy vir meer as 15 jaar 'n aanbieder en joernalis was.

Ruda het by Carte Blanche begin in 'n tydperk van verandering in Suid-Afrika. Die Groepsgebiedewet, die Wet op Gemengde Huwelike, die Bevolkingsregistrasiewet, die Grondwet en baie ander wetgewing was besig om gewysig te word, wat 'n tyd van onsekerheid vir alle Suid-Afrikaners beteken het. Sy het haar op plekke bevind waar sy nie gedink het sy sou ooit wees nie.

Haar werk het haar uit haar gemaksone geneem en sy het onderhoude gevoer met mense op alle vlakke. Sy het geleer om alle mense te respekteer, ongeag ras, geloof of seksuele oriëntasie. Haar werk het haar gehelp om jare van rassisme af te leer wat sy onbewustelik in haar opvoeding geleer het.

Volgens inspiringwomen.co.za het Israel en Palestina haar innig dankbaar gemaak vir die kombinasie van leiers waarmee ons geseën was. FW de Klerk en Nelson Mandela was mans wat die morele moed gehad het om hardop dinge te sê wat hul volgelinge waarskynlik nie wou hoor nie.



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.