On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Inspiration

Skoolbenodigdhede om nou te koop

───   05:00 Mon, 02 Jan 2023

Skoolbenodigdhede om nou te koop | News Article
PHOTO: Unsplash

As jy soek na die beste terug-skool-toe-aanbiedings, is dit die beste webwerf om te kyk.

Katy McPherson van very well family, et 'n lys gemaak van die beste skoolbenodighede om nou te koop.

Keer jou kind hierdie jaar terug na 'n bekende skool, of begin hulle iewers nuut? Hoe beter jy jou skool ken— en hoe hulle voorrade hanteer —hoe makliker kan jy jou kind se behoeftes voorspel.

Selfs as jy nie jou kind se terug-skooltoe-voorraadlys byderhand het nie, sê onderwysers daar is sekere benodighede wat hulle waarskynlik sal kort en dit kan jy solank aanskaf. Kyk uit vir grootmaat winskopies.

LEES OOK: Cool Kids - Lucy Groenewald wins ATKV-Digitoneel!

Preprimêr

  • Kryte
  • Gomstiffies
  • Potlode
  • Potloodhouer/sakkie

Afhangende van die kind se ouderdom, kan die voorrade wat hulle benodig baie verskil, maar sommige items word in elke graad benodig.

Omdat hulle so gereeld breek moet daar genoeg kryte wees. En, die twee voorrade wat onderwysers altyd meen opraak, is gomstiffies en potlode.

Kryte kan vir 'n langer tydperk hou as hulle in 'n potloodhouer geplaas word.

Laërskool

  • uitdraai potlode
  • penne
  • notaboek

 Wat laerskool noodsaaklikhede betref, sal jy ook moet weet of jou skool skootrekenaars vir studente se werk verskaf. Skole wat rekenaars of tablette vir die grootste deel van hul kurrikulum gebruik, kan die aantal voorradewat studente benodig, soos binders, verminder.

Hoërskool

  • Wetenskaplike sakrekenaar
  • Verligpenne
  • Spiraal notaboeke
  • Notaboek papier
  • Skootrekenaar

Van graad nege af sal die meeste leerders 'n wetenskaplike sakrekenaar vir hul skoolwerk benodig.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.