On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Food

What's on The Menu – Braaibroodjies en Varkies in Komberse

───   17:58 Thu, 02 Nov 2023

What's on The Menu – Braaibroodjies en Varkies in Komberse | News Article

Sjef Maradine Whitehorn het al die antwoorde op jou onthaalvrae as dit kom by lekkernye.

Braaibroodjie-bestanddele


Franse brood
olyf olie
1 x 125 g Ina Paarman Pesto
± ¾ koppie (180 ml) gerasperde cheddarkaas
2 groot ryp tamaties, in skywe gesny
1 ui in skywe gesny en geskei

Metode:

Sny die brood in diagonale skywe en pak op die werkoppervlak uit. Bedruip en smeer met olyfolie.

Draai die skywe om en smeer dit mildelik met pesto.

Doop die helfte van die pesto-bedekte kante in gerasperde kaas. Bedek die kaas met 'n tamatieskyfie, geur met sout en voeg 'n paar uieringe by.

Sit laastens oorblywende broodsnye bo-op, pestokant na onder.

Rooster die toebroodjies aan albei kante oor die vuur tot goudbruin.


Varkies in Komberse – bestanddele

All-purpose meel, vir oppervlak
1 Broskorsdeeg
1 pakkie mini Cocktail Wieners
4 eetlepels, gesmelte ongesoute botter
Growwe sout

Metode:

Stap 1
Voorverhit oond tot 180 C. Op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is, rol deegvel af. Sny in driehoeke grootte om by die wors te pas
Stap 2
Plaas ’n worsie aan die dik kant van elke driehoek, rol dan liggies na die dunner kant toe op.
Stap 3
Pak dit op ’n medium bakplaat. Smeer met botter en sprinkel sout oor.
Stap 4
Bak Varkies in Komberse tot goudbruin, 12 tot 15 minute.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.