On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Food

What’s on the menu: Bros rysslaai met komkommer en kruie

───   17:27 Thu, 12 Sep 2024

What’s on the menu: Bros rysslaai met komkommer en kruie | News Article
Foto: pinchofyum.com

Hierdie rysslaai is ideaal vir ’n piekniek of braai – en as daar oorbly, vir jou kosblik – en jy kan dit met enige vars, seisoenale produkte voorsit.

Sjef Maradine gee hierdie week vir ons ’n resep waaraan ons dalk nog nooit gedink het nie.

Slaaisous:

’n knop vars gemmer, of ’n lepel gemmerpasta

1 knoffelhuisie

1/4 koppie vissous

1/4 koppie + 2 eetlepels avokado-olie, of ’n ander neutrale olie

1/4 koppie lemmetjiesap (3-4 klein lemmetjies)

2 eetlepels bruinsuiker

1/2 eetlepel chili crisp (meer vir pikanter)

Bros rys:

2 koppies gaar jasmynrys

2 eetlepels avokado-olie

2 teelepels rooi kerriepasta/gochuchang

2 teelepels mieliestysel

’n halwe Engelse komkommer, dun gesny (ongeveer 1 koppie)

1 ui, dun gesny of gemaal (ongeveer 1/4 koppie)

1 bossie koriander, grof gekap (ongeveer 1/2 koppie)

1 bossie kruisement, grof gekap of geskeur (sowat 1/4 koppie)

1/2 koppie gekapte grondboontjies

brandrissie, na smaak

Instruksies:

Slaaisous: Versap alles in ’n voedselverwerker om hierdie heerlike, pikante sousie te maak.

Bros rys: Gooi die rys in ’n bak saam met die olie en kerriepasta. As dit nie aan mekaar vassit wanneer jy dit uitdruk nie, voeg die mieliestysel by en maak jou hande nat om dit weer te meng (dit gebeur as die rys vooraf gaar is of 'n paar dae oud is). Druk dit in los, sagte stukke en plaas ’n enkele laag in die lugbraaier vir 7 tot 9 minute, of bak dit in die oond (15 -20 minute), tot goudbruin en bros.

Breek die bros rys uitmekaar in klein, goue, heerlike stukkies. Gooi ongeveer die helfte van die slaaisous oor en soveel groente as wat jy wil. Garneer dit met ’n paar grondboontjies en chili crisp (opsioneel).

OFM cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.