Food
What's on the menu – perfekte slaaie vir jou braai─── 17:16 Thu, 14 Sep 2023
Sjef Maradine is terug met nog slaairesepte wat perfekte bykosse kan wees vir jou naweek se Bokke-braai!
Wenresepte 3
1 groot ui, gekap
20g (25 ml) botter of margarien
125 ml wit asyn
25 ml witsuiker
25 ml mielieblom
5 ml kerriepoeier
5 ml borrie
1 blik (825 g) perskeskywe
Metode
Soteer die ui in die smeer. Meng die asyn, suiker, mielieblom, kerrie en borrie deeglik. Dreineer die perskeskywe. Meng die kerriemengsel met die stroop. Giet dit oor die ui en kook tot dik. Proe aan sous en voeg nog smaakmiddels by, indien nodig. Laat afkoel. Snipper die perskeskywe in ’n slaaibak. Giet die kerrie sous oor en meng liggies.
Spanspek is ook heerlik in slaaie.
Pasta-en-biltongslaai
Meng saam:
1 pak skulpiepasta
1 kop biltong
3 vars geelperskes gekap
Halwe groenrissie gekap
Kwart koppie peppadews gekap
1 bilk heelpit-mielies
1 koppie kaas in blokkies
Slaaisous:
1 k mayonnaise
1/4 k kondensmelk
2 t aromat
3 e soet chilliesous
Meng alles saam. Laat staan vir ten minste ‘n uur voor opdiening.
Boneslaai.
Mexikaanse Nachosslaai
1 x 340g blik heelpitmielies, gedreineer
1 x 400g blik rooi nierboontjies, gedreineer
150 g kersietamaties, in kwarte gesny
2 sprietuie, in dun skyfies gesny
2 skywe fetakaas, in blokkies gesny
½ komkommer, in blokkies gesny
30 vars koljanderblare
30 vars kruisementblare
50 g gewone nachos (mielieskyfies), grof gebreek